Die term "Najaar" is van Nederlands afkomstig en word as wisselterm vir die seisoen Herfs gebruik. In die noordelike is Herfs in die laaste deel van die jaar, of dan Najaar. Die woord het ook sy beslag in Afrikaans gevind, en al word dit nie meer algemeen gebruik nie, roep dit beelde op of van loom middae in die son met 'n hommelby wat stadig verbyvlieg en boorde vol vye, granate, perskes en turksvye. So het nie Najaar van die lewe ook 'n unieke oes - volrond en ryp soos net daardie seisoen kan bied. En die Gees van God is in die hitte van die Son.
Sunday, March 23, 2014
Friday, March 21, 2014
Posisie vakant
Die Engelse woord
“sage” dui op iemand wat werklik wys is. Iemand met lewenservaring wat al self
genoeg foute gemaak het, iemand wat met ‘n diep selfbewustelikheid en ‘n diep
bewustelikheid oor die algemeen leef. Iemand wat nie hom- of haarself te hoog
aanprys nie en veral weet hoe feilbaar en kwesbaar hy of sy dikwels is. Iemand
wat iets van afhanklikheid van God verstaan. Iemand by wie ander mense kan
aanklop.
Of in William Shakespeare se woorde:
Hoeveel sulke mense
ken jy? Ek moet eerlik wees dat ek nie baie sages
ken nie. Dalk so handvol. Mens sou verwag om heelwat sulke mense te vind, maar
hoe harder mens soek, hoe minder van hulle kry jy.
John Ortberg sê: The world badly needs wise and flourishing
human beings… As jy na jou eie lewe kyk, wat is die kans dat jy besig is om
te groei tot ‘n wise and flourishing
mens? Om wys, florerend en heel te wees gaan van die paradoksale
voorveronderstelling uit dat ek weet dat ek nie altyd wys is nie, dat ek nie
altyd gesond funksioneer nie en dat ek ver van heel af is. Of soos 1 Kor. 3:18 sê: Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink
dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas
word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word.
Net soos wat ‘n sekere boom nie sommer vanself opkom nie, maar jare neem om te groei tot ‘n boom wat vrug dra en baie aandag en water nodig het om volwassenheid te bereik, net so is ons interne groeiproses intensioneel. Ek gaan nie sommer een oggend wakker word as ‘n wyse, gesonde en heel mens nie. Dit neem baie jare waar groei meestal onsigbaar en onpeilbaar gebeur. Al is die groeiproses intensioneel is die vrug meestal onbewus.
As mens iemand ontmoet wat werklik wys is, is dit so seldsaam dat mens dit amper nie eers vir daardie persoon moet sê nie, want meestal weet hulle dit nie.

In die sielkunde
(onder andere Carl Jung en Erik Erikson se werk) praat hulle van hierdie wyses
of sages onder ons as mense wat ‘n heel
ander pad loop as die meerderheid ander. Trouens is dit een van die
belangrikste menslike ontwikkelingstake: om die integrasie te bereik waar ek as
‘n mentor in ander se lewe kan funksioneer. Hier gaan dit natuurlik nie daaroor
om ‘n mentor in vakkennis te wees nie (want dis nie so moeilik nie), maar om ‘n
mentor van die lewe te wees. En dan nie omdat ek die lewe reggekry het nie,
maar omdat daar ‘n diepte, egtheid en deursigtigheid is waarmee ek die lewe
leef, wat van my iemand sou maak by wie mense kan tuiskom.
Dalk is die woorde van Lao Tzu belangrik as ek dink
oor die soort mens wat ek besig is om te word: Mind the end as the beginning, then it won't go wrong. Mag die pad
wat jy kies jou meer en meer vorm, om sonder dat jy dit weet, ‘n geskikte
kandidaat te word.
Sunday, March 16, 2014
Te midde van die storm
So met die reën wat
nou al vir amper twee weke aanhou en aanhou het ek gedink dat dit dikwels is
hoe dit in ons lewe ook gaan. Die storm hou net aan en woed net voort en dit
voel of dit nooit gaan ophou nie. Ons natuurlike reaksie is om so vinnig as
moontlik uit die storm weg te kom, maar enige poging is gewoonlik futiel. Dis
moeilik om te verstaan dat God ons ontmoet net waar ons is, en dat die storm
nie noodwendig verby hoef te wees voor ek weer iets van God se vrede kan ervaar
nie.
Die verhaal van Jesus wat die storm stil maak in Matteus 8 laat wens mens dikwels dat Jesus ook maar net so maklik die storm in my en jou lewe wil stil maak. Ongelukkig werk dit nie altyd so nie. Wat wel gebeur is dat Jesus te midde van die storm die nie-angstige teenwoordigheid in my boot wil wees. In krisistye neem die krisis dikwels soveel van ons eksterne en interne energie op, dat ons onsself uitgemergel deur elke dag sleep. Die uitdaging is juis om in die oog van die storm teenoor Jesus in die boot te gaan sit en toe te laat dat sy nie-angstige teenwoordigheid die storm van my hart vir ‘n wyle laat bedaar sodat ek, al is dit net vir ‘n wyle, ook ‘n nie-angstige teenwoordigheid midde-in die storm kan wees.
Dalk is die geheim juis om te midde van ‘n storm so gereeld moontlik die plek van stilte in die middel van die storm op te soek en daar vir Jesus te ontmoet. Om selfs toe te laat dat ek te midde van die storm gevorm word, al voel dit hoe pynlik of onwaarskynlik. May Sarton stel dit mooi: ...the storm, painful as it is, might have had some truth in it.
Soms is al wat ons werklik in ‘n storm kan doen om soos die voëltjie in die storm my kop te buig, te vertrou en te wag…, want iewers sal die son weer skyn…

Subscribe to:
Posts (Atom)