Matteus 1: 1-17 Geslagsregister van Jesus
In die 1800’s was daar ‘n man met die naam John Godfrey Saxe wat hierdie gedig
geskryf het met die titel:
The Blind Men and
the Elephant
John Godfrey Saxe (1816-1887)
It was six men of Indostan
To learning much inclined,
Who went to see the Elephant
(Though all of them were blind),
That each by observation
Might satisfy his mind.
The First approach'd the Elephant,
And happening to fall
Against his broad and sturdy side,
At once began to bawl:
“Heaven bless me! but the Elephant
Is very like a wall!"
The Second, feeling of the tusk,
Cried, -"Ho! what have we here
So very round and smooth and sharp?
To me 'tis mighty clear
This wonder of an Elephant
Is very like a spear!"
The Third approached the
animal,
And happening to take
The squirming trunk within his hands,
Thus boldly up and spake:
"I see," quoth he, "the Elephant
Is very like a snake!"
The Fourth reached out his
eager hand,
And felt about the knee.
"What most this wondrous beast is like
Is mighty plain," quoth he,
"'Tis clear enough the Elephant
Is very like a tree!"
The Fifth, who chanced to touch
the ear,
Said: "E'en the blindest man
Can tell what this resembles most;
Deny the fact who can,
This marvel of an Elephant
Is very like a fan!"
The Sixth no sooner had begun
About the beast to grope,
Then, seizing on the swinging tail
That fell within his scope,
"I see," quoth he, "the Elephant
Is very like a rope!"
And so these men of Indostan
Disputed loud and long,
Each in his own opinion
Exceeding stiff and strong,
Though each was partly in the right,
And all were in the wrong!
Hierdie gedig sal nooit sy trefkrag
verloor nie, want dit beskryf ‘n baie basiese fenomeen: die feit dat ons as
mense so maklik kan dink dat ons presies weet wat die antwoord is. Dat ons so
maklik kan dink ons sien dinge soos dit regtig is.
In die week wat kom is die sitting van
die Algemene Sinode waar daar gepraat gaan word oor komplekse sake wat ons as
gelowiges raak.
Daar gaan ook tydens die oggendwydings
gekyk word na die verhaal van Rut en hoe hierdie verhaal ons begelei in die tyd
waarin ons ons tans bevind.
Dis teen hierdie agtergrond dat ons
Matteus se geslagsregister lees, aangesien Rut nie net ‘n belangrike rol in die
geslagsregister speel nie, maar haar verhaal wil ons as gelowiges in 2015 in
Suid-Afrika op ‘n spesifieke manier begelei.
Matteus 1
‘n Mens lees nie sommer geslagsregisters
nie. Al bevat dit waardevolle inligting is dit nie eintlik baie interessant
nie. Gelukkig weet ons hierdie geslagsregister is ‘n hele verhaal insigself.
Waarom skryf Matteus sy Evangelie en aan
wie?
·
Die Brief word geskryf om die gemeente vir wie
Matteus skryf se identiteit te help vorm.
·
Die geslagsregister begin dan hierdie soeke na
identiteit met die vraag na wie Jesus is.
·
Daarom word die geslagsregister nie net Jesus
se geslagsregister nie, maar ook die gemeente s’n en uiteindelik die groter
kerk s’n.
Iets meer oor Matteus se Gemeente
·
Die gemeente aan wie Matteus skryf is
waarskynlik geleë in Antiochië. Dit is dus ‘n stadsgemeente.
·
Die gemeente is, sover ons weet, nie gestig
deur Matteus nie, maar deur Christene wat daar beland het ná die vernietiging
van die tempelgodsdiens rondom 70 nC. Hierdie gebeure het die volgelinge van
Jesus forseer om hul identiteit los te maak van die tempel en nuut te begin
dink oor wie God hulle roep om te wees.
·
Hierdie era was ‘n onstabiele tyd in die vroeë
kerk se verhaal. Skielik word Jesus se volgelinge gekonfronteer daarmee dat
hulle nie, soos die Joodse tradisie waaruit hulle kom, by voorkeur net na hul
eie groep kan omsien nie, maar dat die Evangelie hulle tot ‘n groter
werklikheid roep.
·
Navorsing toon dat die lewensomstandighede in
die Antiocheense gemeenskap allesbehalwe rooskleurig was. Dit was baie
onhigiënies en het aanleiding gegee tot ‘n vlaag van peste en plae.
·
In hierdie tyd het Jesus se volgelinge nie
weggeskram van die siekes nie. Hulle het nie soos die Romeine en Grieke voor
die plaag uit die stad weg te vlug en die siekes aan hulle eie genade oor te
laat nie.
·
Hulle het die siekes verpleeg en sterk
immuniteit opgebou sodat hulle mense daadwerklik kon help. Heel spontaan het
mense wat gesond geword het deel van die Christengemeenskap geword.
·
Hulle het agtergebly saam met die siekes en
selfs saam met die sterwendes en dooies. Hulle het nie net omgesien na hulle eie mense nie, maar het gekies om
niemand te los nie, omdat hulle geglo het dat Jesus vir almal gekom het.
·
Stel jou voor in watter mate hierdie tipe
omstandighede ‘n groep mense sal laat nadink oor wie hulle is.
Die Geslagsregister
·
Deur die skryf van die Matteus Evangelie wys
Matteus vir hulle ‘n prototipe van hoe die volgelinge van Jesus in enige
omstandighede behoort op te tree.
·
Deur die geslagsregister wys hy vir die
gelowiges dat Jesus deur Josef aangeneem word, maar meer nog, dat Jesus Josef
en sy hele voorgeslag aanneem. Dis dus duidelik dat Jesus deel word van ‘n
familie wat met groot agterdog bejeën kan word en wat nie die suiwerste en mees
rasegte voorbeeld van ‘n vooraanstaande Joodse familie is nie.
·
In die eerste 17 verse onmoet ons 46 mense wat
oor honderde jare geleef het.
Daar is:
·
Groot geloofshelde soos Abraham, Isak en
Dawid,
·
Gewone mense soos Gesron, Nagson en Agim
·
Eiegeregtige mense soos Manasse en Abia
·
En dan is daar natuurlik die 5 vroue met hul
twyfelagtige reputasie
- Ragab was nie ‘n Israeliet nie , en ook ‘n prostituut, en tog gee sy uitkoms
aan God se mense.
- Tamar is deur haar man se familie verontreining, en tog bring God haar saak
in die reine.
-
Batseba word deur Dawid verlei en haar man
word deur hom vermoor. Sy baar sy buite-egtelike kind, en tog word sy die
groot-ouma van Jesus se verhaal.
-
Rut, die Moabiet, wat nie mag deel wees van
God se volk nie, maar uiteindelik die lewe skenk aan Dawid se Oupa.
-
En dan Maria self – die jong meisie wat
volgens die persepsie van die gemeenskap buite-egtelik swanger word en die
skande daarvan met haar saamdra.
-
Ons weet natuurlik dat die blote feit dat vroue
genoem word merkwaardig is.
Die geslagsregister word dan ook op ‘n
spesifieke manier uiteengesit:
·
14 geslagte van Abraham tot by Dawid
·
14 geslagte tot by die Ballingskap
·
14 geslagte tot by Jesus
·
Die simboliek van die getalle is belangriker
as die historiese opeenvolging,
want die getal 14 dui op 7 x 2, die
volmaaktheid van God se handelinge.
·
Matteus skryf dit doelbewus so om aan te toon
hoe God se hand, wat deel is van die gebroke geskiedenis, ook deel is van sy
plan met Jesus en dit wat Jesus vir die wêreld bring.
·
Daar is baie verhale van gebrokenheid in
hierdie geslagsregister verweef.
·
God se werk in die geskiedenis word genadiglik nie beperk deur mense se mislukkings
en verkeerde keuses nie.
·
Matteus wys daar was nooit ‘n tyd wat God nie
by sy mense was nie, selfs al het sy mense anders gelyk en opgetree as die
verwagte stereotipe.
·
Matteus kom wys dat ons as volgelinge van Jesus
geslagsgrense, nasiegrense, sosiale grense en nog verskeie ander grense moet
kan transendeer en met hierdie spanning in ons midde moet kan saamleef.
Wit of swart
·
Matteus se verhaal is
duidelik vol paradoks.
·
Alhoewel die gemeente
oorspronlik uit die Joodse tradisie kom word hulle geforseer om in die wêreld
in te beweeg. Hulle sou dalk eintlik net wou seker maak dat húlle groep
oorleef, maar besef gou dat die Evangelie daar is vir alle mense.
·
So sien ons later verdere
paradoks in Matteus, naamlik dat die Koninkryk van God reeds hier is, maar dat
dit eers kom daar waar ons as gelowiges dit moontlik maak.
·
Ons sien ook oral in
Matteus hoe Jesus een persoon genees, maar nie noodwendig die volgende persoon
nie. Jesus doen die wonder, maar Hy doen nie vir elkeen wat Hy teëkom ‘n wonder
nie. Dit beteken nie dat God se Koninkryk teenwoordig is daar waar die wonder
gebeur, en daar waar die wonder nie gebeur nie, is God se Koninkryk afwesig
nie.God se Koninkryk is oral teenwoordig, ook te midde van die feit dat die
wonder nie vir daardie persoon gebeur nie.
·
Daniel Louw het al ’n
klomp jare gelede na hierdie teenstellende aard van ons as gelowiges se wese
verwys met die term “bipolêre spanning”. Ons praat vandag van paradoks.
·
Daarteenoor staan dualisme of dualistiese denke, wat as die verdeling van die realiteit in
twee teenoorgestelde standpunte beskryf kon word.
·
Dis hierdie manier van
dink wat maak dat ek heeltyd óf aan hierdie kant, óf aan daardie kant moet
staan.
·
Daar is baie van ons in
die kerk wat sukkel om die paradoks te omhels en om te leer om eerder vanuit
die paradoks met die werklikheid om te gaan.
·
In ons tyd word ons dikwels gekonfronteer met
ons dualistiese manier van dink, waar alles
ingedeel word in groepe of kategorieë of faksies van reg en verkeerd, in-uit,
wit-swart denke.
·
Ek wonder of daar dalk ’n
kans is dat ons reg-verkeerd of wit-swart of in-uit manier van dink, nie eerder
aan die kant van ’n onvolwasse Christenspiritualiteit staan nie en dat dit
beslis nie die denkrigting van die Evangelie van Christus onderskryf nie? Dit
wil inderdaad so voorkom.
·
Vandag is dit ongelukkig
so dat baie gelowiges baie meer dualisties is as Jesus, of as Matteus of Paulus
en Johannes.
·
’n Dualistiese manier van
dink sê dat Rut ’n Moabiet is en daarom nie welkom is nie, terwyl God se manier
van dink haar nie net verwelkom nie, maar van haar Jesus se oumagrootjie maak.
Alreeds en nog nie
Matteus kom leer
ons dat God waarskynlik nie werk met dualisme nie, maar veel eerder met paradoks:
- met
teenstellende dinge wat eintlik nie logies sin maak nie
- met die groot
beginsel dat ons in Jesus alreeds die ewige lewe het, maar nog nie die ewigheid
betree het nie
- dat die
Koninkryk van God alreeds aangebreek het, maar dat dit eers aanbreek daar waar
ons as gelowiges dit deur ons lewe laat aanbreek
- dat ons in
Jesus alreeds heel mense is, maar nie in alles aspekte van ons lewe nie en
- dat ons in
Jesus alreeds met God verenig is, maar nog nie volledig vanuit daardie eenheid
lewe nie.
Dis interessant dat, as ek vir mense vra hoe
hulle werklik hieroor voel, dit tog sin maak, maar dit maak die meeste van ons
geweldig ongemaklik, want ons mense soek sekerheid en nie hierdie onsekere,
paradoksale logika wat volgens ons manier van dink eintlik geen logika is nie.
Die wysheid van Matteus
·
In die komende week gaan daar uitdagende sake
op die Algemene Sinode se tafel kom.
·
Die meeste van ons wil waarskynlik eerder
outomaties ‘n dualistiese manier van dink kies wanneer ons uitgedaag word.
Ons sien dikwels nie hoe ons vasgevang is in ons wit-swart, reg-verkeerd,
my-interpretasie-van-die-waarheid denkpatroon nie.
Dualisme, waar daar net een manier van dink is, voel vir ons soos die enigste
uitweg, maar ons besef nie dat dit die maklike uitweg is en dat ons armoede in
die kerk dalk juis in ons dualisme lê nie.
·
Soos by Jesus en Matteus sê die paradoks nie
dat “anything goes” nie of dat alle paaie na Rome lei nie, maar dat die
werklikheid baie meer kompleks is as wat ons kan verstaan.
·
Daar is byvoorbeeld heelwat sake, soos
godsdienstigheid, geld en goed, waaroor Jesus sterk standpunt inneem en ‘n
redelike strakke dualistiese keuse vra, wat ons dikwels ignoreer.
·
Die persoon wat dit vir my die heel beste
opsom is Richard Rohr (in Eager to Love 2014:95):
Jesus
does indeed force us toward clear dualistic choices with stories like the camel
and the eye of the needle, Lazarus and the rich man, the sheep and the goats,
and lines like “You cannot serve both God and money”. It often seems that where
Jesus is truly dualistic, we refuse to be, and where Jesus was very unclear or
never spoke, we have arrived at absolutely certain conclusions! Check it out
for yourself. Organized religion has paid much more attention to some things that
Jesus never once mentioned and rather totally ignores other things that he
stated with utter clarity, like “Go sell what you have and give it to the
poor”.
·
Hieroor kan ons natuurlik vir dae aaneen redeneneer
as ons sou wou, maar dit ís ironies, nie waar nie?
Dis ‘n baie moeiliker pad om tussen die spanning van twee werklikhede te gaan
staan en te besef dat God se realiteit waarskynlik groter is as ons manier van
dink.
·
Mag Matteus se riglyn ook vir ons, soos vir
daardie eerste Christene, duidelik wys dat ons as gelowiges nie met ‘n of-of
benadering teenoor mekaar kan leef nie, maar dat ons dapper keuses sal moet
maak en mekaar meermale sal moet vind in die spanning en paradoks van ‘n en-en
wêreld, in die spanning en paradoks van die kruis wat die horisontale en
vertikale werklikheid integreer, en ons ook inspireer om dit te doen.
·
En mag ons veral ontdek dat ons ook nie soos
die ses mans van Indostan die enigste perspektief op die waarheid het nie en
genooi word om oper en meer ontvanklik te wees as wat vir ons gemaklik is.
And so these men of
Indostan
Disputed loud and long,
Each in his own opinion
Exceeding stiff and strong,
Though each was
partly in the right,
And all were in the wrong.
·
God se hand in die detail van Jesus se geslagsregister
het die gelowiges van die eerste dag af verbaas.
Mag hierdie sinode dieselfde verbasende effek op Suid-Afrika hê.