In die laaste tyd
is die Here voortdurend met my besig rondom die tema van lig reis en bagasie
dra. Daar is nie een van ons wat nie bagasie het nie. Dis ’n gegewe. Die vraag
is net: Wat doen ons uiteindelik daarmee?
Sommige van ons
ignoreer dit en maak of dit nie bestaan nie, maar besef nie dat daardie bagasie
soos ’n monster onder in ’n kelder groei om my later as ek ouer is onverwags
van agter aan te val nie.
Ander van ons weet dis daar, maar glo dat ons eendag die moed sal hê om dit uit te sorteer, maar kom nie agter dat die bagasie jaar in en uit net meer word en daar voortdurend nuwe dinge bykom omdat ek nie die ou goed uitsorteer nie.
Ander van ons weet dis daar, maar glo dat ons eendag die moed sal hê om dit uit te sorteer, maar kom nie agter dat die bagasie jaar in en uit net meer word en daar voortdurend nuwe dinge bykom omdat ek nie die ou goed uitsorteer nie.
Ek glo dat die
dapperste ding vir ons as gelowiges is om so vinnig moontlik met ons bagasie te
gaan sit en een vir een die slotte te breek en die ou goed aan te spreek.
Natuurlik kan dit intens pynlik wees, en daarom skram ons weg van die pyn.
Amper soos iemand wat weier om die vrot tand te laat stop omdat jy bang is dat
die tandarts jou gaan seermaak, net om in elk geval later krullend van die pyn
in die tandarts se stoel op te eindig.
As ons nie iewers
die bagasie aanspreek nie, sal ons nooit as vry mense leef nie. Meer nog, ek is
oortuig dat God ons nooi om die bagasie neer te sit, want daarsonder sal ons
futiel poog om lig te reis en voortdurende besig wees om lyke uit die verlede
saam te sleep.
Dit beteken
natuurlik nie dat ek op ’n punt moet maak of sekere dinge nie gebeur het nie.
Wat gebeur het, het gebeur en daardie dinge sal maar altyd deel van my verhaal
wees, maar dit word bagasie as dit begin om my manier van dink en leef en doen
te affekteer. Kom ons wees eerlik: ons het dalk meer bagasie as wat ons wil
erken.
In Handelinge 27
is daar hierdie verhaal van Paulus wat na Italië geneem word om daar verhoor te
word. Tydens die vaart raak die weer al slegter en die swaar vrag het dit vir
hulle onmoontlik gemaak om die storm te oorleef. Uiteindelik het hulle begin om
die hele vrag, ook die koring en die skip se toerusting oorboord te gooi om die
skip ligter te maak. Dan, op ’n stadium, sê Paulus vir hulle hierdie woorde: 22 Maar selfs in hierdie omstandighede vra
ek julle: Hou moed! Niemand van julle sal sy lewe verloor nie. Net die skip sal
vergaan.
Sou hierdie
verhaal dalk vir jou ’n metafoor kon wees? Sou jy dalk deur God genooi word om
jou boot ligter te maak deur die bagasie oorboord te begin gooi. Ironies genoeg
is ons bagasie soms so deel van ons identiteit dat ons regtig doodsbenoud is om
dit aan te spreek, want wie is ek daarsonder? Maar hou moed! Jy sal beslis nie
jou lewe verloor nie. Inteendeel. Die skip van die vals self sal dalk in die
proses vergaan, maar jy sal die Lewe vind, want eers as ek die bagasie agter
los sal ek ten diepste vry kan begin leef.