Elkeen van ons wat God se pad wil stap, moet van tyd tot tyd stilstaan en
vra: Wat gebeur hier? Om te vra wat in my lewe aan die gebeur is, is meestal ’n
moeilike oefening en die meeste mense hou nie noodwendig daarvan om so
reflektief met hul eie lewens om te gaan nie. Tog is dit juis hier dat die
groei plaasvind, want as ons kan eerlik wees sien ons dinge soos dit regtig is
en nie soos ons dink dit is of soos ons onsself en ander oortuig dit is nie. In
hierdie opsig is ons elkeen aanspreeklik
vir ons eie lewe. Romeine 14:12 stel dit nogal sterk:
Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.
Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.
Die meeste van ons wat hier lees sal sê dat ons ernstig is oor ons
verhouding met God en oor ons lewe, wat ingebed is in God se realiteit. Die
vraag is egter, is ek werklik so oorgegee aan God se pad soos ek sê? Kies ek nie
dalk om in ’n poel van emosionele pyn en my eie emosionele moeras vas te val?
Soek ek nie dalk na geleenthede om ander verantwoordelik te maak vir hoe dit
met my gaan en om ander saam met my in my moeras in te trek nie? In watter mate
veroorsaak ek storms waarby ek ander probeer betrek, terwyl daardie storm ten
diepste binne myself woed?
Bestaan daar ’n kans dat ek weet wat al die regte antwoorde is, maar nie
die voor die hand liggende dinge doen wat God van my sou vra op ’n pad van
transformasie nie? Of ons nou daarvan hou of nie, tyd alleen saam met God is
essensieel op die dieper pad. Indien ek nie veel van ‘n aktiewe gebedslewe het
nie, moet ek myself dalk vra waarom nie? Wat weerhou my daarvan? Kan dit wees
dat ek in beginsel erns maak hiermee, maar in praktyk dalk nie?
Tyd saam met God is hoegenaamd nie so romanties oos dit klink nie. Dit vra
koue, harde commitment, maar
daarsonder gaan die ruimte waarbinne God my diep in my Gees wil transformeer
nie soos ’n misterieuse wolk uit die hemel verskyn nie. God wil my tot ’n heel
geïntegreerde lewe lei, maar dit gaan dalk impliseer dat die ou patrone
waarbinne ek altyd so vasval sal moet verander.
Iemand wat oor-emosioneel in sy/haar binne-wêreld vasval word waarskynlik deur God geroep tot groter objektiwiteit en gelykmatigheid. Iemand wat geweldig rasioneel en krities deur die lewe gaan word weer daartoe geroep om meer van sy/haar emosies bewus te word en kwesbaar te word en met deernis na jouself en ander te begin kyk.
Iemand wat oor-emosioneel in sy/haar binne-wêreld vasval word waarskynlik deur God geroep tot groter objektiwiteit en gelykmatigheid. Iemand wat geweldig rasioneel en krities deur die lewe gaan word weer daartoe geroep om meer van sy/haar emosies bewus te word en kwesbaar te word en met deernis na jouself en ander te begin kyk.
Daar is net een persoon wat my keuses kan maak, en dis ekself. Ek kan nie
op my pad saam met God my aanspreeklikheid
op die mense in my lewe, soos my lewensmaat of vriende of kleingroep, of selfs
op God, afskuif nie. Dit is my eie verantwoordelikheid om toe te sien dat ek
die prosessse in plek het waardeur God my kan transformeer.
Dalk spreek hierdie vraag ’n pynlike realiteit vir
die meeste van ons aan:
As ek werklik ernstig is oor God se pad, waarom reflekteer my keuses dit nie?
As ek werklik ernstig is oor God se pad, waarom reflekteer my keuses dit nie?
No comments:
Post a Comment