Ons leef sulke besige lewens, veral hierdie tyd van die jaar, dat dit soms voel asof ons soos masjiene
voortbeur. As mens weer sien is dit reeds weer Vrydag en nog ‘n week verby.
Die implikasie van hierdie manier van leef is dat ons werklik sukkel om bewustelik te leef.
In ons tipe kultuur is daar soveel dinge wat op ‘n uurlikse basis ons aandag verg, dat ons totaal
ge-oorstimuleer is.
Baie van ons voel dat ons doodgewoon nie tyd het nie. Per implikasie word die kleiner dinge, wat eintlik aan ons die ervaring gee dat ons leef en bewustelik teenwoordig is, afgeskeep.

In hierdie skildery van Carl Spitzweg, sien ons ‘n man druk aan die werk, maar skielik raak hy bewus van ‘n voëltjie wat op die vensterbank kom sit. In die beeld wat ons sien bevind hy om in daardie splitsekonde waar hy moet besluit of hy die voëltjie geïrriteerd gaan wegjaag en of hy sy boek gaan laat sak om op te kyk en aandag te gee aan hierdie rare, kosbare, byna mikroskopies onbelangrike oomblik.
Wanneer ons onsself toelaat om bewustelik te begin leef is daar
nie meer een oomblik wat nie potensieel heilig is nie. Die voëltjie op die
vensterbank, die waterdruppel teen my glas, ‘n koue skyf waatlemoen, die geluid
van die eerste druppels reën op die dak... En dan praat ons nog nie oor ons
gewone kontak met gewone mense nie. Alledaags, gewoon, maar vol van God self.
Dit laat my dink aan die mistieke hasidiese Jode,
wat geglo het die engele besoek ons 100 maal per dag maar omdat ons nie
bewustelik leef nie, sien ons dit nie raak nie.
Ek is bevrees dat om in bewustelikheid te groei, stiller en oper
te word en soms rustiger te leef, nie vir ons natuurlik gaan kom nie. Ons gaan
dit moet kies. En ons gaan dinge in plek moet stel wat dit vir ons moontlik
maak.
Dit gaan waarskynlik ook beteken dat ek nie meer alles kan doen nie en dat ek klein, maar belangrike besluite sal moet neem wat dit vir my moontlik maak om selfs net soms meer bewustelik te leef.
Dit gaan waarskynlik ook beteken dat ek nie meer alles kan doen nie en dat ek klein, maar belangrike besluite sal moet neem wat dit vir my moontlik maak om selfs net soms meer bewustelik te leef.
Dalk is ‘n verdere beginpunt om te besef dat ons as oor-gestimuleerde wesens leef en doelbewus substansiële ruimtes in my lewe daar moet stel waar ek ge-onderstimuleer is, sodat ek kan oop word vir God se groter realiteit in die miniskule detail om my. Elkeen van ons moet natuurlik self uitwerk wat onderstimulasie vir ons beteken.
Ek sal so vies wees vir myself as ek aan die einde van my lewe vir God sou vra waarom Hy my nie tog maar iewers kon besoek nie, en Hy antwoord dat Hy my verskeie kere op ‘n dag besoek het, maar ek het dit nie gesien nie.
No comments:
Post a Comment