Ek sit in die
hospitaal voor die deur van die teater en wag dat Jaco van sy niersteen bevry
word. Ekself is vrot-siek en sit hoog op ‘n medisynetrip en roggel soos ‘n oergedierte
en dink dat hulle my enige oomblik met my gehoes en proes uit die hospitaal
gaan verban.
So vra ek toe vir myself: Hoe
voel mens in hierdie omstandighede die Here se teenwoordigheid, wanneer die
lewe onbepland verloop en blatant hoogs uitdagend word?
Ek weet Hy is hier,
net hier, by my. Maar ek voel dit nie. Waar soek ek nou na God?
Na ‘n hele ruk raak ek bewus van iets diep en stil en helder en lig in myself – Vrede.
Kan dit wees? Kan dít God wees? Meteens besef ek dat ek dikwels na God soek in eksterne bewyse en nie so maklik bewus is dat ek sy teenwoordigheid in myself kan soek nie. Maar ek dink dis die antwoord: nie daar buite nie, maar hier binne... Vanmiddag het ek nie veel van ‘n keuse nie. Ek kan net sit. En wag. Asemhaal. En diep hier binne die onmiskenbare, byna tasbare, byna nie, misterieuse Teenwoordigheid…

Uiteindelik ry ek terug huis toe. Dis half ses en die perfekte aand. Die
heilige laatmiddag-uur vol sagte lig met die maan wat, byna vol, reeds in die
lug hang. Ek stop voor ons huis. Ek hoor die kinders lag in die bad. Ek stap in
die vriendelike gesig van ons Christina vas en op die kas staan ‘n goudgeel
Gerbera in ‘n pot en ‘n sak met twee dae se kos en lekkernye van ‘n vriendin.
Ek haal diep asem en voel dit weer – die Vrede… Paulus het dit lank terug al
geweet: En
die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en
gedagtes die wag hou in Christus Jesus
(Fil 4:7).
In my gedagtes hoor ek die woorde en
musiek van Libera se Galliese seënbede,
Deep Peace, en haal diep asem,
want hierdie kom nie uit myself nie
en ek weet onwrikbaar:
dít is hoe God voel...
Deep peace of the running wave to you
Deep peace of the flowing air to you
Deep peace of the quiet earth to you
Deep peace of the shining stars to you
Deep peace of the gentle night to you
Moon and stars pour their healing light on you
Deep peace of Christ, the light of the world to you
Deep peace of Christ to you

(Gaan luister hierna op Youtube:
http://www.youtube.com/watch?v=nqyU7SKyklY
http://www.youtube.com/watch?v=nqyU7SKyklY
No comments:
Post a Comment