In
haar navorsing oor kwesbaarheid sê Brené Brown
dat daar nog nooit mense op aarde was wat so oorgewig is, so baie alhohol gebruik, aan soveel dinge verslaaf is en so swaar gemedikeer is soos ons geslag
nie. Volgens haar probeer ons baie hard om onsself deur hierdie dinge te verdoof teen die emosionele pyn wat ons as deel van die lewe ervaar.
nie. Volgens haar probeer ons baie hard om onsself deur hierdie dinge te verdoof teen die emosionele pyn wat ons as deel van die lewe ervaar.
Ek is bevrees sy is reg. Die vraag is natuurlik hoe het dit gebeur?Hierop is daar helaas nie ‘n eenduidige antwoord nie.
Een
van die redes is dalk dat ons oor die laaste klompie dekades so half die stem van ons lywe as die vyand begin beskou het. Ons het ons lywe begin sien as iets wat ons terughou en maak dat ons nie onverstoord
kan voortsnel nie. As ek hoofpyn het of gespanne of angstig is of sukkel met my bloeddruk maak ek net so gou as moontlik ‘n plan om van die simptome ontslae te raak, sonder om te vra waar hierdie simptome vandaan kom en wat my liggaam daardeur aan my probeerkommunikeer.

Ek
wonder of God nie besig is om ons te nooi om met groot aandag en agting na ons liggame leer luister nie. Dalk moet ons ook begin besef dat die stem van my lyf nie my vyand is nie, maar een van die helderste ligte op my pad.
Hoeveel
keer probeer jou lyf nie met jou praat nie? Hoe dikwels sê jou lyf nie vir jou
dat hy onder spanning verkeer of dat sy nie die druk wat jy op haar plaas kan
hanteer nie? Is daar dalk ‘n
moontlikheid dat jy meer kan begin ag gee as jou lyf met jou praat en selfs
besef dat God se Gees moontlik deur jou lyf met jou wil praat? Hierdie gedagte
is nie vir die Bybel vreemd nie. In die Boodskap word die bekende 1 Korinthiërs
6:19 byvoorbeeld so vertaal: Het julle
dan vergeet dat julle liggaam die blyplek van die Heilige Gees self is? Die
Gees bly mos in julle; God self het die Gees vir julle gegee. Dit beteken dat
julle nie julle eie baas is nie en dat julle nie maar met julle liggaam kan
doen wat julle wil nie.
Natuurlik
is dit so dat dat daar dikwels veel dieper emosionele en geestelike redes agter
ons fisiologiese dilemmas skuil (lewensstylverwante siektes is nie verniet in
ons soort samelewing die grootste oorsaak van voortydige sterftes nie), maar
ook nie altyd nie. Soms word ek maar net siek, of val ek en breek my been of
verstuit my enkel, of moet ek geopereer word, of saai my hormone chaos, of word
ek met ‘n siektetoestand gediagnoseer, of moet ek een of ander vorm van
chroniese medikasie neem. Ons lywe is broos en kwesbaar en kan nie vir ewig hou
nie.
Selfs te midde van fisieke broosheid wil ons liggame nog steeds met ons praat
en kan ek as God se kind altyd vra:
Wat is besig om hier te gebeur?
Waarheen sou God my hierdeur wou lei?
Waarvan maak die Here my bewus deur die broosheid van my lyf?
Wat is besig om hier te gebeur?
Waarheen sou God my hierdeur wou lei?
Waarvan maak die Here my bewus deur die broosheid van my lyf?
Dalk
was jy nog nooit regtig daarvan bewus nie, maar luister fyn,
wat daar’s ‘n kans dat God met jou wil praat deur jou eie lyf.
wat daar’s ‘n kans dat God met jou wil praat deur jou eie lyf.
No comments:
Post a Comment