In Johannes 6 vind ons die storie van die seuntjie
wat saam met ’n klomp ander mense na Jesus luister. Naby aan die einde van die
dag por die dissipels Jesus aan om die mense huistoe te stuur, omdat hulle nie
vir almal kan kos gee nie. Dis dan wanneer die kind met sy kospakkie vorentoe
kom en die volgende gebeure afspeel.
9 “Hier
is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie
mense?” 10 Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op
daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf
duisend. 11 Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit
uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as
wat hulle wou hê. 12 Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels:
“Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.”
13 Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die
stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het.
In hierdie storie word daar tradisioneel so op die
wonderwerk gefokus dat daar dalk ’n ander belangrike detail verbygaan – die
seuntjie met sy skrampse kospakkie. Baie van ons vra gereeld vir onsself watter
bydrae ek kan maak wat hoegenaamd ’n verskil sal maak in die wêreld. Hoe kan ek
met my klein lewe enigsins ’n impak op die groter geheel hê?
Ons almal het die volgende situasie al beleef. Jy word genooi na ’n funksie en almal word gevra om iets te ete te bring. Elkeen kom daar aan met ’n kleinerige bordjie eetgoed en aan die einde van die geleentheid bly daar soveel kos oor, dat mens verstom staan. In ’n sekere sin is dit presies wat in hierdie verhaal in Johannes 6 gebeur.
Ons almal het die volgende situasie al beleef. Jy word genooi na ’n funksie en almal word gevra om iets te ete te bring. Elkeen kom daar aan met ’n kleinerige bordjie eetgoed en aan die einde van die geleentheid bly daar soveel kos oor, dat mens verstom staan. In ’n sekere sin is dit presies wat in hierdie verhaal in Johannes 6 gebeur.
Die seuntjie bevind hom tussen ’n groot skare
mense en bied gewillig sy klein bietjie kos aan, waarop die dissipels heeltemal
tereg vra hoe so bietjie kos ooit die massa mense sal kan voed. Maar in Jesus
se hande word die bietjie letterlik meer as genoeg.
Miskien word ons genooi om al meer met hierdie
gesinsheid te leef, naamlik om maar net die klein bietjie wat ek het te bring
en te vertrou dat dit in God se hande meer as genoeg sal wees. As elkeen van
ons dit bring wat ons het - gawes, vermoëns, vaardighede, wysheid, insig,
ervaring, ook geld en goed en al die ander dinge wat ons kan bring - word dit
wat ons het om te bied inderdaad God se gawe aan die wêreld, al lyk dit vanuit
ons eie perspektief heeltemal te min. Gee wat jy het. God sal dit gebruik.
No comments:
Post a Comment