Wednesday, February 19, 2014

Gee oor...



As ek vir jou sou vra of jy God vertrou, sal jy dalk redelik maklik sê ja. Die vraag is egter of ek God regtig vertrou? Sover dit vertroue van God aanbetref is ons baie keer belydende gelowiges, maar praktiserende ateïste(!) In wese sukkel ons maar om God te vertrou. Ons wil maar altyd self weer die leisels neem. Self weer bepaal wat die rigting van my lewe gaan wees. En tog is daar dikwels situasies waar niks wat ek doen of bring enigiets aan die werklikheid waarbinne ek my bevind kan verander nie. As ek natuurlik iets aan ‘n situasie kán doen, moet ek dit doen, maar iewers in elke situasies kom daar ‘n punt waar ek nie meer iets kan doen nie, en dan kan ek werklik niks anders doen as om myself of die persoon of situasie aan God se genade oor te gee nie.
Dit laat my dink aan die Serenity Prayer van Reinhold Niebuhr:
God grant me the serenity
to accept the things I cannot change;
courage to change the things I can;
and wisdom to know the difference.
Living one day at a time;
Enjoying one moment at a time;
Accepting hardships as the pathway to peace;
Taking, as He did, this sinful world
as it is, not as I would have it;
Trusting that He will make all things right
if I surrender to His Will;
That I may be reasonably happy in this life
and supremely happy with Him
Forever in the next.
Amen.
 
Ons weet dat alles ook nie atlyd uitwerk soos ons hoop of wil nie. Ek kan al my dae verwyl deur opstandig teen die werklikheid te skop, of ek kan oorgee. Willem Nicol haal in sy boek Gebed van die Hart (2002:115) vir Flip Theron aan: “Die drenkenling spartel in die water en die lewensredder kom tot by hom. As die drenkeling nie gaan ophou om enigiets te probeer nie, is hy ‘n gevaar vir hulle albei, want hy gaan so aan die lewensredder vasklou dat die nie kan swem nie. Hy moet oorgee en niks verder doen nie – dan kan hy gered word. As hy nie wil nie, moet die lewensredder hom uitslaan.”
Die beeld help mens tot op ‘n punt. God gaan ons nie sommer uitslaan nie. Hy sal ons eerder los sodat ons self agterkom hoe moeg ons gespartel is. Geloof behels onder andere om af te leer om so aanhoudend te spartel en vinniger, makliker, oor te gee. Albert Haase se woorde sluit mooi hierby aan: Those who have come home simply surrender to the mystery of the Presence. Like floating in water, they simply give themselves over to the here and now and float in the stream called daily life. Though this appears to be some form of a weak, passive resignation, it is in fact, an active choice for trust.”
Dit is nie altyd eenvoudig nie, maar wat sê jy? Is dit dalk (weer) tyd om oor te gee?


Never ending story





‘n Mens sal waarskynlik nooit uitgepraat kan raak oor
die kwessie van beheer in ons lewens nie. Party van ons is
blatante beheervrate, soveel so dat mense dit reguit in jou
gesig vir jou sê. Ander van ons se ego’s het al baie slim
geword en ons probeer beheer op baie meer subtiele
en gesofistikeerde maniere uitoefen. Dink maar aan hoe
ons soms maak met die mense in ons lewens. Ons sal op
baie slim maniere poog om hulle gedrag te wysig sodat ons
 meer in beheer voel van die situasie.
Dit is natuurlik al ‘n reuse stap vooruit om bloot te erken
dat ek soms sukkel met beheer. Die meeste van ons sukkel
 nog om raak te sien in watter groot mate ons behoefte
het aan beheer.
‘n Belangrike vraag is natuurlik waarom ek ‘n behoefte
aan beheer het? Beheer gaan eintlik maar daaroor dat ek
emosioneel onveilig voel as ek nie weet hoe dinge gaan
verloop of hoe mense gaan optree nie. Ek probeer dan die
illusie skep dat ek kan bepaal hoe iemand gaan optree of hoe ‘n situasie gaan afloop en glo dan dit dit my meer emosioneel veilig en “in beheer” laat voel. Die waarheid is dat ek baie minder beheer het as wat ek dink.
Ek kan hoogstens met tyd, en deur die krag van die Gees, ‘n (klein) mate van beheer oor my eie interne wêreld verky, maar selfs daar is ek maar uitgelewer aan my eie onvoorspelbaarheid.
As gelowiges word ons genooi om meer bewus te raak van beheer in ons lewens en om al meer persone en situasies in ons lewens aan God oor te gee. In Handelinge 5 (lees die hele verhaal in Handelinge 5:17-42) sien ons hoe die wyse Gamaliël ‘n belangrike gedagte in die midde laat van die beheersugtige Joodse Raad wanneer hulle probeer om die beweging van Jesus se dissiples te stop: 38 Laat staan hierdie mense en los hulle uit. As hulle beplanning en aksies mensewerk is, sal daar niks van kom nie. 39 As dit egter van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Net-nou word daar bevind dat julle selfs teen God geveg het.
Dalk kon ons ‘n kosbare les of twee by die wyse Gamaliël leer…
Dink bietjie:
·        In watter verhoudings in jou lewe probeer jy beheer uitoefen?
·        Watter situasies het jy vandag probeer beheer?
·        Wat is die interne gevolg van beheer in jou lewe?
·        In watter mate kan jy persone en situasies aan God oorgee in die wete dat jy in elk geval nie soveel beheer het soos jy dink nie?

Drie Paaie - ons is nie almal op dieselfde pad nie




Baie van ons ken die gedig van Robert Frost

Two roads diverged in a wood,
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth.

I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I-
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.



Robert Frost praat van twee paaie, maar daar is dalk eerder drie paaie het om van te kies.

Die eerste pad is die pad van om so goed as moontlik na buite te vertoon, van ‘n soeke na en idealisering van mensgemaakte sukses, welvaart en uiterlike weelde. Hierdie pad gaan ongelukkig dikwels gepaard met ‘n innerlike woestyn.

Die tweede pad is die pad waar ek besef dat daar meer aan die lewe behoort te wees, en dit probeer bevredig deur uiterlike godsdientige beoefening. Dit bring tydelike innerlike verligting, maar mettertyd eervaar ek weer die gevoel van dors en droogte.
Die derde pad is die dieper pad van na binne keer, toelaat dat God se Gees my “warts and all” voor die spieël laat staan en werklik begin toelaat dat God my laat bewus word, vernuwe, herskep, transformeer en laat groei. Waar ek nie meer weerstand bied teen dit waarmee God in my lewe wil besig wees nie. Ek word ‘n lewende geskenk van God se liefde in die wêreld.
Op watter pad is jy?