Friday, January 18, 2013
Geluide van 'n Begenadigde Lewe
Dit is Saterdagoggend en skielik word ek oorweldig deur die geluide van my begenadigde lewe: die reën wat onverstoord op die dak neersif, die kinders se geklets agter 'n toe kamerdeur met Julio Iglesias op Katinka se CD spelertjie as agtergrond, die badwater wat intap, oupa se gekug terwyl hy Al-Jazeera kyk, die woef se rustige asemhaling nadat ons vir twee dae gewonder het of sy 'n onbekende siekte gaan oorleef en die tik-tak van my vingerpunte op die rekenaar se toetsbord...
Monday, January 14, 2013
Three ways
One way to work on yourself is by being present in the body.
Another way is by expanding the heart.
A third way is by quieting the mind.
The wise person finds a way to work on all three at the same time.
(Understanding the Enneagram, 327)
Another way is by expanding the heart.
A third way is by quieting the mind.
The wise person finds a way to work on all three at the same time.
(Understanding the Enneagram, 327)
Genade
te midde van wêreldoorloë, massamoorde
en verval van die bestel
pleit ek vir genade vir my klein heelal
vir my miniatuur-bestaan:
my brose kinders
my sagmoedige man
Somer
Niks kom by die smake van somer nie,
bloedrooi, yskoue waatlemoen,
die sap van 'n mango wat in strepe teen jou ken afdrup,
klein robynrooi, framboos juweeltjies
en die heuningsoet smaak van 'n vy...
Wednesday, March 17, 2010
Sterre in die Stad
Baie mense se jy sien nie sterre in die stad nie. Totdat jy een oggend halfvier om geen rede by jou kombuisvenster staan en uitloer en die geluid van 'n verbygaande vliegtuig jou in die lug laat opkyk. Dan sien jy dit skielik: sterre in die stad. Baie van hulle. Jy hoor ook die honde van die buurt iewers blaf en die veraf suising van die nanag karre op die snelweg, jy hoor die tip-tap van gisteraand se laataand reen, jy ruik die sterk, soet, heilsame geur van nat grond, en al se wie wat, jy sien sterre in die stad.
Subscribe to:
Posts (Atom)




