Die term "Najaar" is van Nederlands afkomstig en word as wisselterm vir die seisoen Herfs gebruik. In die noordelike is Herfs in die laaste deel van die jaar, of dan Najaar. Die woord het ook sy beslag in Afrikaans gevind, en al word dit nie meer algemeen gebruik nie, roep dit beelde op of van loom middae in die son met 'n hommelby wat stadig verbyvlieg en boorde vol vye, granate, perskes en turksvye. So het nie Najaar van die lewe ook 'n unieke oes - volrond en ryp soos net daardie seisoen kan bied. En die Gees van God is in die hitte van die Son.
Sunday, March 23, 2014
Friday, March 21, 2014
Posisie vakant
Die Engelse woord
“sage” dui op iemand wat werklik wys is. Iemand met lewenservaring wat al self
genoeg foute gemaak het, iemand wat met ‘n diep selfbewustelikheid en ‘n diep
bewustelikheid oor die algemeen leef. Iemand wat nie hom- of haarself te hoog
aanprys nie en veral weet hoe feilbaar en kwesbaar hy of sy dikwels is. Iemand
wat iets van afhanklikheid van God verstaan. Iemand by wie ander mense kan
aanklop.
Of in William Shakespeare se woorde:
Hoeveel sulke mense
ken jy? Ek moet eerlik wees dat ek nie baie sages
ken nie. Dalk so handvol. Mens sou verwag om heelwat sulke mense te vind, maar
hoe harder mens soek, hoe minder van hulle kry jy.
John Ortberg sê: The world badly needs wise and flourishing
human beings… As jy na jou eie lewe kyk, wat is die kans dat jy besig is om
te groei tot ‘n wise and flourishing
mens? Om wys, florerend en heel te wees gaan van die paradoksale
voorveronderstelling uit dat ek weet dat ek nie altyd wys is nie, dat ek nie
altyd gesond funksioneer nie en dat ek ver van heel af is. Of soos 1 Kor. 3:18 sê: Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink
dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas
word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word.
Net soos wat ‘n sekere boom nie sommer vanself opkom nie, maar jare neem om te groei tot ‘n boom wat vrug dra en baie aandag en water nodig het om volwassenheid te bereik, net so is ons interne groeiproses intensioneel. Ek gaan nie sommer een oggend wakker word as ‘n wyse, gesonde en heel mens nie. Dit neem baie jare waar groei meestal onsigbaar en onpeilbaar gebeur. Al is die groeiproses intensioneel is die vrug meestal onbewus.
As mens iemand ontmoet wat werklik wys is, is dit so seldsaam dat mens dit amper nie eers vir daardie persoon moet sê nie, want meestal weet hulle dit nie.

In die sielkunde
(onder andere Carl Jung en Erik Erikson se werk) praat hulle van hierdie wyses
of sages onder ons as mense wat ‘n heel
ander pad loop as die meerderheid ander. Trouens is dit een van die
belangrikste menslike ontwikkelingstake: om die integrasie te bereik waar ek as
‘n mentor in ander se lewe kan funksioneer. Hier gaan dit natuurlik nie daaroor
om ‘n mentor in vakkennis te wees nie (want dis nie so moeilik nie), maar om ‘n
mentor van die lewe te wees. En dan nie omdat ek die lewe reggekry het nie,
maar omdat daar ‘n diepte, egtheid en deursigtigheid is waarmee ek die lewe
leef, wat van my iemand sou maak by wie mense kan tuiskom.
Dalk is die woorde van Lao Tzu belangrik as ek dink
oor die soort mens wat ek besig is om te word: Mind the end as the beginning, then it won't go wrong. Mag die pad
wat jy kies jou meer en meer vorm, om sonder dat jy dit weet, ‘n geskikte
kandidaat te word.
Sunday, March 16, 2014
Te midde van die storm
So met die reën wat
nou al vir amper twee weke aanhou en aanhou het ek gedink dat dit dikwels is
hoe dit in ons lewe ook gaan. Die storm hou net aan en woed net voort en dit
voel of dit nooit gaan ophou nie. Ons natuurlike reaksie is om so vinnig as
moontlik uit die storm weg te kom, maar enige poging is gewoonlik futiel. Dis
moeilik om te verstaan dat God ons ontmoet net waar ons is, en dat die storm
nie noodwendig verby hoef te wees voor ek weer iets van God se vrede kan ervaar
nie.
Die verhaal van Jesus wat die storm stil maak in Matteus 8 laat wens mens dikwels dat Jesus ook maar net so maklik die storm in my en jou lewe wil stil maak. Ongelukkig werk dit nie altyd so nie. Wat wel gebeur is dat Jesus te midde van die storm die nie-angstige teenwoordigheid in my boot wil wees. In krisistye neem die krisis dikwels soveel van ons eksterne en interne energie op, dat ons onsself uitgemergel deur elke dag sleep. Die uitdaging is juis om in die oog van die storm teenoor Jesus in die boot te gaan sit en toe te laat dat sy nie-angstige teenwoordigheid die storm van my hart vir ‘n wyle laat bedaar sodat ek, al is dit net vir ‘n wyle, ook ‘n nie-angstige teenwoordigheid midde-in die storm kan wees.
Dalk is die geheim juis om te midde van ‘n storm so gereeld moontlik die plek van stilte in die middel van die storm op te soek en daar vir Jesus te ontmoet. Om selfs toe te laat dat ek te midde van die storm gevorm word, al voel dit hoe pynlik of onwaarskynlik. May Sarton stel dit mooi: ...the storm, painful as it is, might have had some truth in it.
Soms is al wat ons werklik in ‘n storm kan doen om soos die voëltjie in die storm my kop te buig, te vertrou en te wag…, want iewers sal die son weer skyn…

Thursday, February 20, 2014
Small straws in a soft wind
SMALL STRAWS IN A SOFT WIND
by MARSHA BURNS:
Achieve and maintain tranquility,
beloved. Even though the opportunity to be drawn into someone else's
chaos presents itself, you must stand your ground of peace. Refuse
to allow anything to disturb you. Be level-headed and trust Me to give
wisdom and to direct your steps in situations that take you off guard.
Keep looking up, says the Lord.
Isaiah 26:3 You will keep him
in perfect peace, Whose mind is stayed on You, Because he trusts in You.
Wees wat jy is
Ons almal ken hierdie
twee bekende beelde uit Matteus 5 redelik goed: Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak. Maar as die
sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal
onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en
deur die mense platgetrap te word. Julle is die lig wat die wêreld moet verlig.
‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê kan mos nie weggesteek word nie! ‘n Mens steek ook
nie ‘n lamp op en maak dit onder ‘n emmer toe nie! Inteendeel! Jy sit dit bo-op
‘n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis.
Wanneer mens die
woorde lees is een van die eerste dinge wat mens opval dat die beeld so
oorbekend is dat dit bykans niks meer vir ons sê nie. Maar – het jy al werklik
die beeld geHOOR?
Jesus sê nie “kom leer
hoe om sout te wees” of “kom leer hoe om lig te wees nie”. Hy sê “julle is dit”.
As God se kinders IS ons reeds die sout en IS ons reeds die lig. Al wat van ons
gevra word is om onsself oor te gee om aangewend te word vir waarvoor ons
gemaak is.
Die oomblik as sout in
kos gegooi word transformeer dit die smaak.
Die oomblik as die
stad se ligte teen laatskemer aangeskakel word transformeer dit die donker
horison.
Dalk lê die antwoord
presies hierin: hou op probeer om iets te wees en gee jou oor om te wees wie jy
reeds is. Vir elkeen van ons met ons eie persoonlikheid gaan die manier hou ek
sout is en die manier hoe ek lig is verskil van die ander mense in my lewe, en
dis ook hoe dit hoort. Ek het beslis ander gawes om te bring as jy, en jy
verryk die wêreld op ‘n ander manier as ek. Tog kan sekere minder opbouende
aspekte van my persoonlikheid juis in die pad daarvan staan dat ek sout en lig
is. Weet ek wat dit is of is ek blind vir hierdie donkerder dele van myself?
Die beeld gaan verder:
as die sout nie oor die kos gestrooi is nie en die lig nie skyn nie kom mens
dit dadelik agter. Dit laat vra my ‘n belangrike vraag: Maak my teenwoordigheid
in die wêreld waar ek leef so ‘n verskil, dat mense my bydrae en my gawes mis
as ek nie daar is nie, of kom hulle dit skaars agter?
Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek
moet maak. Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. Kom ons wees dit…
Wednesday, February 19, 2014
Gee oor...
As ek vir jou sou vra of jy God
vertrou, sal jy dalk redelik maklik sê ja. Die vraag is egter of ek God regtig
vertrou? Sover dit vertroue van God aanbetref is ons baie keer belydende gelowiges,
maar praktiserende ateïste(!) In wese sukkel ons maar om God te vertrou. Ons
wil maar altyd self weer die leisels neem. Self weer bepaal wat die rigting van
my lewe gaan wees. En tog is daar dikwels situasies waar niks wat ek doen of
bring enigiets aan die werklikheid waarbinne ek my bevind kan verander nie. As
ek natuurlik iets aan ‘n situasie kán doen, moet ek dit doen, maar iewers in elke
situasies kom daar ‘n punt waar ek nie meer iets kan doen nie, en dan kan ek
werklik niks anders doen as om myself of die persoon of situasie aan God se
genade oor te gee nie.
Dit laat my dink aan die Serenity
Prayer van Reinhold Niebuhr:
God grant me the serenity
to accept the things I cannot change;
courage to change the things I can;
and wisdom to know the difference.
to accept the things I cannot change;
courage to change the things I can;
and wisdom to know the difference.
Living one day at a time;
Enjoying one moment at a time;
Accepting hardships as the pathway to peace;
Taking, as He did, this sinful world
as it is, not as I would have it;
Trusting that He will make all things right
if I surrender to His Will;
That I may be reasonably happy in this life
and supremely happy with Him
Forever in the next.
Amen.

Ons weet
dat alles ook nie atlyd uitwerk soos ons hoop of wil nie. Ek kan al my dae
verwyl deur opstandig teen die werklikheid te skop, of ek kan oorgee. Willem Nicol
haal in sy boek Gebed van die Hart (2002:115) vir Flip Theron aan: “Die drenkenling spartel in die water en die
lewensredder kom tot by hom. As die drenkeling nie gaan ophou om enigiets te
probeer nie, is hy ‘n gevaar vir hulle albei, want hy gaan so aan die lewensredder
vasklou dat die nie kan swem nie. Hy moet oorgee en niks verder doen nie – dan
kan hy gered word. As hy nie wil nie, moet die lewensredder hom uitslaan.”
Die beeld help mens tot op ‘n punt. God gaan ons nie
sommer uitslaan nie. Hy sal ons eerder los sodat ons self agterkom hoe moeg ons
gespartel is. Geloof behels onder andere om af te leer om so aanhoudend te
spartel en vinniger, makliker, oor te gee. Albert Haase se woorde sluit mooi
hierby aan: Those who have come home simply surrender to
the mystery of the Presence. Like floating in water, they simply give
themselves over to the here and now and float in the stream called daily life.
Though this appears to be some form of a weak, passive resignation, it is in
fact, an active choice for trust.”
Dit
is nie altyd eenvoudig nie, maar wat sê jy? Is dit dalk (weer) tyd om oor te
gee?
Subscribe to:
Posts (Atom)