Ek was nogal altyd gefassineer met glaslampe. Daar is vir my iets
geweldig aanloklik aan die gekleurde glas wat die mooiste patrone en die sagste
lig deurlaat.
Tweemaal in my lewe het glaslampe my al heeltemal irrasioneel gehad.
Eenmaal het ek saam met drie vriendinne in Istanbul se strate gestap en skielik het die winkel met sy mosaïek glaslampe soos ‘n visioen voor ons verskyn. Ek kon my oë nie daarvan afhou nie. Ek kon nie genoeg kry nie. Ek was heeltemal gehipnotiseer, in so mate dat ek meer as een keer terug is na die winkel en ten spyte van die ander se “Ons help jou nie dra nie!”, uiteindelik daar uitgestap het met ‘n boks met my eie glaslamp in, op pad terug Suid-Afrika toe.
‘n Ander keer was in die chaotiese strate van Jaipur, waar ek en Jaco ons vergaap het aan al die mooi goed en ek toe skielik weer oorweldig word deur die winkel met die glaslampe. Ek moes net, ek kon nie anders nie. En so bevind ek my weer met ‘n baie ongemaklike, hoekige, lomp boks in transito op pad van een kontinent na ‘n ander.

Deur sy lampe te wees neem ons sy Lig saam met ons oral waar ons in die wêreld mag gaan. Dalk is dit onder andere wat Jesus bedoel het toe hy op ‘n stadium gesê het dat ons groter dinge as Hy sal doen (Johannes 14:12). As ek besef dat ek God se lamp is en sy Lig in my dra, gaan dit nie oor my nie, maar oor Hom en word ek ter wille van die groter droom God se helende, ligdraende teenwoordigheid.

Miskien kan Jesus se woorde in Johannes 12: 36 (DB) ons verder inspireer
:
Die Lig skyn nou oor julle. Maak oop julle oë en aanvaar die Lig.
Dan sal julle altyd by die Lig wees en werklik sinvol kan leef.

Ek bid saam met jou
en alle gelowiges van alle tye: Laat my vandag die lamp wees vir U Lig.
No comments:
Post a Comment