Mense vra dikwels vir
my wat hulle kan doen om God te ervaar. Baie gelowiges wat ‘n diep pad met God
stap sal soms amper geheimsinnig vir my sê dat hulle eintlik nog bitter min in
hul lewe die bewustheid gehad het dat hulle God regtig beleef, en tog smag die
meeste van ons op ‘n diep manier na God. Hoe kan dit wees dat die Bybel so vol
daarvan is dat God na my soek en hoe kan die gelowiges in die Bybel so vol
oortuiging van ervaring van God praat, maar ons beleef dit so moeilik?
Ek onthou ‘n baie lang tyd in my lewe waar ek beslis nie vir God ervaar het nie. Dit was my grootste wens, en tog het dit nooit gebeur nie. Nou, jare later, weet ek dat daardie tyd van geestelike droogte - woestyntyd - goed was, want dit het my geleer dat my belewenis van God veel verder strek as my sintuiglike of emosionele ervaring van hom.
Ek onthou ‘n baie lang tyd in my lewe waar ek beslis nie vir God ervaar het nie. Dit was my grootste wens, en tog het dit nooit gebeur nie. Nou, jare later, weet ek dat daardie tyd van geestelike droogte - woestyntyd - goed was, want dit het my geleer dat my belewenis van God veel verder strek as my sintuiglike of emosionele ervaring van hom.
Hiermee sê ek nie dat
sintuiglike of emosionele ervaring van God verkeerd of leeg is nie, maar ek
vermoed tog dat ons sulke ervarings kunsmatig kan probeer aanwakker om onsself
te laat voel dat ons God beleef, terwyl ons dalk meer verlief is op die idee
van ‘n belewenis met God.
Party
gelowiges praat so aanhoudend oor hulle ervaring van God se Gees en sê
voortdurend hoe God met hulle praat, dat dit ongeloofwaardig word. Ek vra dan
vir myself waarom dit my so pla? Die groot rede is dalk dat daar gemaak word
asof God heeldag en aldag direk met jou praat en asof daar iets fout is met jou
verhouding met God as dit nie gebeur nie. As ons na die grote Paulus kyk was sy
ervarings van God se Gees allesbehalwe soetsappig, alledaags of terloops, maar
uitsonderlik, raar en lewensveranderend. Dit was nooit iets wat hy geïniseer
het nie, maar iets wat van God af gekom het. Werklike mistieke ervarings met God gebeur sonder twyfel, maar dit kan
nie deur my eie pogings aangewakker word nie. Dis iets wat God se Gees in my
werk. Mens kan dit nie met ‘n tegniek in ‘n kursus of boek leer nie.
Baie van ons
het mistieke ervarings, maar omdat dit hoogs persoonlik, intiem en
onverklaarbaar is, praat mens nie eintlik daaroor nie, of as jy daaroor praat,
praat jy met baie min mense wat dan wel iets daarvan sal verstaan. Dis iets wat
tussen ‘n persoon en God gebeur. Trouens is daar van die skrywers in ons tyd
wat sê dat mens nie eintlik oor hierdie tipe ervarings kan praat nie, juis omdat dit so diep en subjektief en misties is
en beslis nie as normatief voorgehou moet word nie. Persoonlik is ek baie
versigtig vir groepe wat mistieke ervarings as die norm verhef, maar
terselfdertyd is die ervarings wat ek al op hierdie vlak met God se Gees gehad
het so eg dat ek eenvoudig nie kan maak of dit nie gebeur het nie. Ek is
versigtig vir groepe wat van oortuiging is dat daar bonatuurlike manifestasies
van God se Gees MOET plaasvind, anders is God se Gees nie in jou nie.
In die laaste
tyd begin ek agterkom dat een manier om myself oop te stel vir die ervaring van
God in my eie lewe en die belewenis van God saam met ander, my eie kwesbaarheid
is. Die oomblik as ek bereid is om my skanse te laat sak, my voorgee van in
beheer wees te laat vaar, en eerlik oor die areas van kwesbaarheid in my lewe
te wees, gebeur daar diep binne my iets heiligs wat my van my weerloosheid en
broosheid bewus maak. Dit gebeur dan amper sonder uitsondering dat as ek so
rukkie hiermee sit ek voel hoe daar iets van God in my binnewêreld roer.
Ek begin al
meer om God te ervaar wanneer ek kwesbaar, broos en gestroop is. Dit wil klink
asof dit ook is wat met ander mense gebeur. Nou begin ek wonder of die
moontlikheid dat ek iets van God kon beleef, nie nog altyd daar in die
kwesbaarheid geskuil het nie, maar dat my hart nog altyd te hard en my ego te trots
was om myself toe te laat om my skanse te laat sak en my kwesbaarheid en broosheid
in die gesig te staar. Dis as ek op my eie en saam met ander kwesbaar en broos
is dat ek bewus word dat God aan my hart raak. Miskien moet jy dit toets en kyk
of jy ook, soos ek, agterkom dat dit een van die heilige plekke is waar jy iets
van God kan ervaar.
Dis waar Marina. Gestroop en kwesbaar beweeg ons nader aan mekaar en God se hartklop
ReplyDeleteThanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!
ReplyDeleteAn Thái Sơn chia sẻ trẻ sơ sinh nằm nôi điện có tốt không hay võng điện có tốt không và giải đáp cục điện đưa võng giá bao nhiêu cũng như mua máy đưa võng ở tphcm địa chỉ ở đâu uy tín.