In die national
Gallery in Londen hang hierdie skildery van Annibale Carracci wat in die vroeë
1600’s geskilder is met die titel Lamentation
of Christ. Die skildery maak ‘n persoonlike appél op elkeen wat met aandag
daarna kyk. Iemand skryf oor die skildery: Carracci’s Dead Christ appears to be very dead, and everyone
around Him believes this is so. There does not appear to be any hope of resurrection
in the limp Christ.
Die skildery het ‘n
sirkulêre beweging. Maria met Jesus in haar skoot wat dieselfde liggaamshouding
as Jesus het, met die verskil, die pienk hand teen sy dooie liggaam; die vrou
wat Maria se kop vashou (dalk Salome) wat bekommerd na die vrou in groen (dalk
Elisabet) staar wat weer doodsbenoud oor Maria is; en Maria Magdalena (in rooi)
se paniekerige en ongelowige smart oor Jesus. Die Engelse woord “grief
stricken” beskryf die toneel goed. Hoe sal daar ooit enige hoop uit hierdie
situasie kom? Een van die dinge wat my die heel meeste aangryp van die skildery
is die besef dat daar baie meer agter
die prent lê as wat ek en jy sien.
Ons weet byvoorbeeld
dat minder as drie dae vanaf hierdie gebeure die hele verloop van die verhaal
verander het. Die Evangelies, Matteus, Markus, Lukas en Johannes vertel die
verhale van Jesus se tyd op aarde, sy lyding, kruisiging, dood en opstanding en
ook die tyd daarna. Vir my is die Evangelies amper soos fotoalbums of soos vier
opsommings van ‘n biografie. As jy daarna gekyk het of dit gelees het sien jy
iets van die lewe wat geleef is, maar besef jy dat daar baie meer hier agter
lê.
Dikwels sal mense in ons tyd sê dat hulle verveeld is met Jesus, of dat hulle nie meer ‘n behoefte het aan God nie. Hoe meer ek die Here ken, hoe meer staan ek verbyster oor so reaksie.
Besef ons dan nie dat die Evangelies die essensie van die verhaal bevat nie? Dit beteken dat as ek al vier Evangelies uit my kop kan opsê ek basies die essensie van die storie ken. Wie Jesus hier op aarde was, wat Hy alles geleef en geleer en gedoen het, die wonderwêreld van God wat agter Jesus lê, sal ons waarskynlik nooit kan snap nie. Daarom kan ons nooit sê dat ons uitgekuier of verveeld met Jesus is nie. Ons weet maar nog min van Jesus – en ons verstaan nog minder. Johannes beaam dit heel aan die einde van sy Evangelie (Joh. 21:25): Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.
Soos met die skildery van Carracci, maak hierdie woorde van Johannes my emosioneel en word ek deur hierdie besef oorweldig. Soos die skildery ‘n individuele reaksie by my wil ontlok, nooi Jesus my persoonlik om te begin om agter die prentjie te sien en Hom met nuwe oë te begin ken. Angelus Silesius het baie jare terug gesê: Al word Christus ook ‘n duisend maal in Bethlehem gebore, maar nie eenmaal in jou hart nie, was dit vir jou verniet.

Kom ons laat toe dat
Jesus hierdie jaar in óns harte
gebore word, dáár sterf en dáár opstaan.
No comments:
Post a Comment