Ek is seker jy het al min of meer die volgende scenario beleef.
Jy sit in 'n restaurant met die
spyskaart in jou hand en besluit op ‘n gesonde alternatief. Jy soek ‘n slaai,
wat darem so min of meer die verbeelding ook aangryp. Die beskrywing klink oortuigend en jy bestel die
gekose item. Vol verwagting wag jy vir jou bestelling om sy opwagting te maak.
Die kelner kom na ‘n paar minute en sit die reuse bak slaai voor jou neer en jy
is diep beïndruk. Dit lyk lekkerder as wat dit op die spyskaart beskryf is. Jy
begin eet en na die eerste paar happe maak jy ‘n skokkende ontdekking: behalwe
vir die boonste laag, wat jy so pas in ‘n paar happe opgeëet het, bestaan die res
van die slaai wat so aanskoulik aan jou opgedis is hoofsaaklik uit blare! Nie
lekker sappige baba slaaiblaartjies nie. Sulke harde, wit, stokkerige blare.
Jy is onmiddelik ontsteld, maar besef dan dat die probleem met jou slaai op twee vlakke lê: aan die een kant het jy verwag dat die hele slaai met die verleidelike bestanddele deurtrek gaan wees. Aan die ander kant kan jy nie vir die restaurant kwaad wees nie, want alles wat hulle gesê het daarin is, was daarin; net heelwat minder as wat jy verwag het.
Jy is onmiddelik ontsteld, maar besef dan dat die probleem met jou slaai op twee vlakke lê: aan die een kant het jy verwag dat die hele slaai met die verleidelike bestanddele deurtrek gaan wees. Aan die ander kant kan jy nie vir die restaurant kwaad wees nie, want alles wat hulle gesê het daarin is, was daarin; net heelwat minder as wat jy verwag het.
Baie mense is ook soos
die restaurant se slaai. Mense wil graag ander op die oppervlak van hul lewe
onder die indruk bring dat hulle meer het om te bied as wat noodwendig die
geval is. Ongelukkig weet ons maar al te goed dat die spreekwoord, “Die vere
maak nie die voël nie”, ongenaakbaar waar is. Mens beleef ongelukkig dikwels
hoe mense wat voor die hand liggend indrukwekkend is en volgens wêreldse
standaarde baie suksesvol is, nie altyd ‘n ryk, lewegende en diep binnewêreld
het nie.
Dis presies hierteen
dat Jesus dikwels teenoor die Fariseërs te velde getrek het. Hoeveel keer het
hy nie vir hulle gesê dat dit nie help jy lyk indrukwekkend van buite af, maar
binne is die beker vuil of die graf vol doodsbeendere nie. Dis ook daarom dat
Jesus die mense leer om nie soos die Fariseërs op die oppervlak indrukwekkende dinge
te doen nie, maar om eerder besig te wees met die dinge onder die oppervlak,
met dit wat op die einde van die dag saakmaak. Jesus leer byvoorbeeld in
Matteus 6: 5 en 6: “As julle
bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die
sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien.
Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan
na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien
nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”
In God se wêreld
dra dit wat onder die oppervlak gebeur meer gewig, want uiteindelik
transformeer dít jou hele lewe en word jou lewe die vrug van wat
onder die oppervlak aan die gebeur is. God nooi ons na eindeloos kenbare,
lewegewende dieptes waarvan Hyself die vergestalting is. Paulus skryf iets
daaroor in in Romeine 11 as hy sê: “O diepte van die
rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy weë...”
God nooi ons elkeen na ‘n dieper verhouding
met hom, wat nie soos die restaurant se slaai bolangs indrukwekkend is, maar
onder die eerste laag net uit ‘n klomp onbevredigende blare bestaan nie. Dis as
ons toelaat dat God se Gees ons hele wese deurtrek dat dit wat op die oppervlak
sigbaar is ook ‘n aanduiding is van wat aan die onderkant aangaan.
Dink net hoe verras sal jy wees as jy die dag ‘n slaai
bestel en die hele dis
is deurtrek met dieselfde bestanddele as wat jy met die
eerste oogopslag
No comments:
Post a Comment