Friday, February 22, 2013

Lewe uit die donker


Die krag van die donker

In elkeen van ons se lewe is daar een of ander area in ons lewe wat lei onder die krag van donker en dood. Dalk ‘n huweliksverhouding, dalk is jy deel van ‘n buite-egtelike verhouding. Suur verhoudings met kinders of familie. Jy voel dalkseergemaak en verontreg deur vriende of kollegas. Daar is dalk ‘n sonde wat jy aanhou doen wat die lewe uit jou laat sypel elke keer as jy dit doen. ‘n Slegte gewoonte wat jou van lewenskwaliteit beroof. ‘n Siekte wat jou hele lewe oorgeneem het. Jou verhouding met God het dalk ‘n futlose ritueel geword. Dalk het jy selfs gevoelens van bittherheid of wrok of haat teen God

Ons dink dikwels dat hierdie areas van donker jou lewe steel, maar bestaan daar dalk ‘n kans dat God juis hierdie donker dinge in jou lewe wil gebruik om vir jou lewe te gee?

Jesus se lewe

Een van die interessantste feite van Jesus se lewe is dat die belangrikste gebeure in sy lewe in die donker plaasvind: sy geboorte, sy arrestasie, sy dood; én sy opstanding.

Al is daar niemand van ons wat hou van die donker tye in ons lewe nie, bring dit dikwels buitengewone dinge in ons lewens na vore.

Numeri 17: Aäron se staf

Die verhaal oor Aäron se staf in Numeri 17 is ‘n interessante verhaal wat mens nie baie lees nie, maar wat jy dalk iewers uit jou Sondagskooldae onthou.

Dit vind diep in die swerftog deur die woestyn plaas. Van hulle het dalk al gedink dit gaan nie meer gebeur dat hulle die beloofde land gaan betree nie. Die Israeliete is baie weerbarstig en hardkoppig, baie soos ons, en weier om hulle aan Aäron te onderwerp. God sê: Bring die 12 kieries van die 12 stamleiers sodat Ek kan uitwys wie Ek kies.

Hierdie kieries was nie stokkies wat hulle sommer nou die dag gepluk het nie. Waarskynlikwas dit hulle ou wandelstokke waarmee hulle al vir baie jare besig is om deur woestyn te swerf. Hulle kry opdrag om die kieries oornag in die tent van ontmoeting te gaan neersit, daar waar hulle oortuig was God is.

Ek wonder wat het hulle gedink, wat gaan nou eintlik hier gebeur? Maar daar in die donker, in die diepste donker van die nag, gebeur daar iets wat niemand kon antisipeer nie.

Die volgende oggend het daar inderdaad iets ongelooflik met Aaron se kierie gebeur! Die hele stokou, droë kierie is vol botsels. En nie net dit nie. Dit dra ook bloeisels en ryp amandels. Stel jou dit voor! Wat 'n kragtige teken.

Ons besef dit nie altyd nie, maar dis presies hoe God met ons lewens werk. As ons dit kan waag om in die donker tye in ons lewe ons lewe voor God neer te lê, dan kom God juis in die donker en begin iets nuut in ons.

Nuwe lewe uit die donker

Dink maar aan jou eie lewe en jou pad met God. Hoeveel keer het God nie al iets nuuts in jou lewe begin juis in die donker tye, die swaarkry tye nie, waarsonder jy doodeenvoudig nie by die plek sou kom waarby God jou help kom het nie? Weereens: ons glo tog nie dat God die outeur van daardie donker tye is nie, maar die oomblik as die donker oor my toesak, kom God met sy Gees en is hy gereed om te begin met groot en mooi dinge doen.

Anders as met Aäron se kierie sien ons dit net nie altyd raak nie.

Nuwe oë vir nuwe tye

Ons sal nuwe oë moet kry om te begin sien wat God in die donker tye doen.

Dink maar aan die stad. Ons sien net tekens van verval, tweryl ons onvermoë om te sien waarmee God besig is maak dat ons nie die tekens van lewe in die stad sien nie. Daarom nooi ek jou om tog iers saam te kom op “'n Plegrims in die Stad” geleentheid.

Dink aan jou eie lewe. Dink aan waar jy jou nou in jou eie lewe bevind. Aan die donker wat dalk iewers oor jou lewe toegesak het, maar kyk fyn, God is besig om iets nuuts in jou te doen.

Watter buitengewone dinge is God dalk besig om in die donker tye in jou lewe te laat oopbreek?
Word stil en leeg

In die donker tye in ons lewe moet ons stil genoeg word sodat ons God se stem kan hoor wat ons uitnooi na dieper diemnsies in die manier hoe ons bestaan. Ons word leeggemaak van die ou dinge in onsself, sodat daar plek kan kom vir nuwe maniere van dink en leef, maar hierdie leegword proses is altyd pynlik. Wanneer jy jouself oorgee aan God se pad, sal jy gou agterkom dat God jou nooi na plekke waar jy nog nie was nie, plekke verby jou natuurlike grense. Of soos iemand een maal gesê het: If you sign up for God’s hike, don’t bother to pack the tent. Just when you’re ready to make camp, God will wave you on to a new frontier.

Die lang pad

God se pad is meestal nie die kort pad nie, maar die lang pad. En dikwels neem hierdie pad jou deur ‘n donker woud. Maar dit beteken nie ons het verdwaal nie, want onthou, ons loop mos nie die pad alleen nie. Jesus stap voor en daarom weet ons al teen dié tyd die donker is deel van die reis. Ons, ek inkluis, raak heeltemal te paniekerig in die donker. Ons verstaan selde dat dit ‘n heilige soort donker is en dat ons eintlik veronderstel is om ons aan God in die donker oor te gee en te vertrou dat Hy jou na die lig sal neem.

As ons pyn vermy

God roep ons altyd na heelheid en lewe. Maar dit kan nie gebeur as ons die heeltyd die pyn probeer vermy van daardie dinge in onsself nodig het om deur God aangeraak te word nie. Sue Monk Kidd skryf in When the heart waits: Real suffering burns clean. Neurotic suffering creates more and more soot. Creative suffering is the pain we encounter in confronting our lives honestly, expanding our vision, choosing a new way, owning our shadow, and healing our wounds.

Lewe uit die dood

God maak dikwels ‘n nuwe begin wanneer die nag op sy donkerste is. Om ons uiteindelik van die donker na die lig te neem het Jesus sy lewe gekos. God spesialiseer daarin om lewe te bring uit die dood.

God stel nie belang in die skyn van godsdiens of in die skyn van ‘n verhouding met hom nie.

Hy stel belang in jou hart, in jou lewe.

Hy stel daarin belang om sy lewe te laat kom in elke aspek van jou lewe.

Hy stel daarin belang om jou vasgeloopte lewe te herstel.

Om nuwe uitkoms te bring in ‘n situasie of in ‘n verhouding of in ‘n probleem waarin jy absoluut geen uitkoms sien nie.

En dis waaroor Paasfees gaan: Om te midde van donker en dood in areas van jou lewe alreeds die onblusbare saad van lewe in jou te sien ontkiem.



Tuesday, February 19, 2013

Die beste "original"

Ons mense voel tog so maklik bedreig deur ander. As iemand anders hom of haarself op dieselfde gebied begewe as ek laat voel dat my baie onveilig en onseker oor myself en vra ek onbewustelik vir myself: Is ek goed genoeg? Om so te leef maak my net vyandig. Dit veroorsaak dat ek vanuit ‘n posisie van bedreiging en antagonisme teen ander stelling innneem. Amper soos ‘n dier wat sy grondgebied met grommende jaloesie wil beskerm.
Waarom doen ons dit? Dalk omdat ons nie besef dat daar regtig niemand anders soos ek op hierdie aarde is nie. Al is daar honderde ander wat ook eksperts is op die gebeid waarop ek my bevind, is daar net een persoon met my persoonlikheid, my aanslag, my unieke manier van verstaan en kyk na die lewe. Moet daarom asseblief nie probeer om ‘n afdruk van iemand anders te word nie. Of anders gestel: We all suck at being copies of other people. Daar is een ding wat ek beter kan doen as enigiemand op aarde: ek kan myself wees.
Die storietjie word vertel van die woestynvader wie se naam ek nie kakn onthou nie. Kom ons noem hom abba Pumen.  Hy vertel: Wanneer hy voor God se troon te lande kom, gaan God nie vir hom vra waarom hy nie Moses of Elia of selfs Jesus was nie. Hy gaan vir hom vra waarom hy nie Pumen was nie.
So, wees maar net die beste “original” wat jy kan wees en dis meer as genoeg.