Tuesday, February 19, 2013

Die beste "original"

Ons mense voel tog so maklik bedreig deur ander. As iemand anders hom of haarself op dieselfde gebied begewe as ek laat voel dat my baie onveilig en onseker oor myself en vra ek onbewustelik vir myself: Is ek goed genoeg? Om so te leef maak my net vyandig. Dit veroorsaak dat ek vanuit ‘n posisie van bedreiging en antagonisme teen ander stelling innneem. Amper soos ‘n dier wat sy grondgebied met grommende jaloesie wil beskerm.
Waarom doen ons dit? Dalk omdat ons nie besef dat daar regtig niemand anders soos ek op hierdie aarde is nie. Al is daar honderde ander wat ook eksperts is op die gebeid waarop ek my bevind, is daar net een persoon met my persoonlikheid, my aanslag, my unieke manier van verstaan en kyk na die lewe. Moet daarom asseblief nie probeer om ‘n afdruk van iemand anders te word nie. Of anders gestel: We all suck at being copies of other people. Daar is een ding wat ek beter kan doen as enigiemand op aarde: ek kan myself wees.
Die storietjie word vertel van die woestynvader wie se naam ek nie kakn onthou nie. Kom ons noem hom abba Pumen.  Hy vertel: Wanneer hy voor God se troon te lande kom, gaan God nie vir hom vra waarom hy nie Moses of Elia of selfs Jesus was nie. Hy gaan vir hom vra waarom hy nie Pumen was nie.
So, wees maar net die beste “original” wat jy kan wees en dis meer as genoeg.

No comments:

Post a Comment