Friday, January 18, 2013

Geluide van 'n Begenadigde Lewe

Dit is Saterdagoggend en skielik word ek oorweldig deur die geluide van my begenadigde lewe: die reën wat onverstoord op die dak neersif, die kinders se geklets agter 'n toe kamerdeur met Julio Iglesias op Katinka se CD spelertjie as agtergrond, die badwater wat intap, oupa se gekug terwyl hy Al-Jazeera kyk, die woef se rustige asemhaling nadat ons vir twee dae gewonder het of sy 'n onbekende siekte gaan oorleef en die tik-tak van my vingerpunte op die rekenaar se toetsbord...

No comments:

Post a Comment