Friday, November 21, 2014

Bagasie



In die laaste tyd is die Here voortdurend met my besig rondom die tema van lig reis en bagasie dra. Daar is nie een van ons wat nie bagasie het nie. Dis ’n gegewe. Die vraag is net: Wat doen ons uiteindelik daarmee?
Sommige van ons ignoreer dit en maak of dit nie bestaan nie, maar besef nie dat daardie bagasie soos ’n monster onder in ’n kelder groei om my later as ek ouer is onverwags van agter aan te val nie.
Ander van ons weet dis daar, maar glo dat ons eendag die moed sal hê om dit uit te sorteer, maar kom nie agter dat die bagasie jaar in en uit net meer word en daar voortdurend nuwe dinge bykom omdat ek nie die ou goed uitsorteer nie.
Ek glo dat die dapperste ding vir ons as gelowiges is om so vinnig moontlik met ons bagasie te gaan sit en een vir een die slotte te breek en die ou goed aan te spreek. Natuurlik kan dit intens pynlik wees, en daarom skram ons weg van die pyn. Amper soos iemand wat weier om die vrot tand te laat stop omdat jy bang is dat die tandarts jou gaan seermaak, net om in elk geval later krullend van die pyn in die tandarts se stoel op te eindig.

As ons nie iewers die bagasie aanspreek nie, sal ons nooit as vry mense leef nie. Meer nog, ek is oortuig dat God ons nooi om die bagasie neer te sit, want daarsonder sal ons futiel poog om lig te reis en voortdurende besig wees om lyke uit die verlede saam te sleep.

Dit beteken natuurlik nie dat ek op ’n punt moet maak of sekere dinge nie gebeur het nie. Wat gebeur het, het gebeur en daardie dinge sal maar altyd deel van my verhaal wees, maar dit word bagasie as dit begin om my manier van dink en leef en doen te affekteer. Kom ons wees eerlik: ons het dalk meer bagasie as wat ons wil erken.

In Handelinge 27 is daar hierdie verhaal van Paulus wat na Italië geneem word om daar verhoor te word. Tydens die vaart raak die weer al slegter en die swaar vrag het dit vir hulle onmoontlik gemaak om die storm te oorleef. Uiteindelik het hulle begin om die hele vrag, ook die koring en die skip se toerusting oorboord te gooi om die skip ligter te maak. Dan, op ’n stadium, sê Paulus vir hulle hierdie woorde: 22 Maar selfs in hierdie omstandighede vra ek julle: Hou moed! Niemand van julle sal sy lewe verloor nie. Net die skip sal vergaan. 

Sou hierdie verhaal dalk vir jou ’n metafoor kon wees? Sou jy dalk deur God genooi word om jou boot ligter te maak deur die bagasie oorboord te begin gooi. Ironies genoeg is ons bagasie soms so deel van ons identiteit dat ons regtig doodsbenoud is om dit aan te spreek, want wie is ek daarsonder? Maar hou moed! Jy sal beslis nie jou lewe verloor nie. Inteendeel. Die skip van die vals self sal dalk in die proses vergaan, maar jy sal die Lewe vind, want eers as ek die bagasie agter los sal ek ten diepste vry kan begin leef.


Monday, November 10, 2014

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het



Aanhalings uit Sondag, 9 November 2014 se Oggendiens:
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het”

Maturity is mastering the basics…

1 Johannes 4
10 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.
EN
19 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.

Aanhaling van Sister Mary:
Genuine imitation of Christ consists in following his example of deep devotion to God and unwavering pursuit of his vision of proclaiming the kingdom, rather than simply imitating the external aspects of his life. Mere mindless imitation will get us nowhere on the spiritual path.

The Master took to living simply –
because he found simple living to his taste.
He laughed at his disciples when they took
to simple living in imitation of him.
“Of what use is it to copy my behaviour”
he would say, “without my motivation?
Or to adopt my motivation without
the vision that produces it?”
They understood him better when he said,
“Does a goat become a rabbi because he grows a beard?”

Gaan kyk gerus na Manon of the Spring (1986) oor wat gebeur as Manon die oog van die fontein toestop...









Iemand anders het eenmaal so geskryf oor die Oog, die Bron:
“We live at the very Source. Our duty therefore is not with the canals and waterworks downstream, but to make sure the water flows plentyfully and unceasingly from the Source itself.”

Brennan Manning (The Furious Longing of God 2009)
beskryf wat gebeur wanneer ons BESEF dat God ons liefhet met ‘n VURIGE VERLANGE
When you take the fact that God loves you with a furious longing personally, a number of beautiful things will come to pass:
  • ·       The drumbeats of doom in your head will be replaced by a song in your heart, which could lead to a twinkle in your eye.
  • ·       You will not be dependant on the company of others to wave your loneliness, for He is Emmanuel – God with us.
  • ·       The praise of others will not send your spirit soaring, nor will their criticism plunge you into the pit.
  • ·       In a significant interior development, you will move from I should pray to I must pray.
  • ·       You will live with an awareness that the Father not only loves you, but likes you.
  • ·       You will stop comparing yourself with others.
  • ·       Off and on throughout the day, you will just know that you are being seen by Jesus with a gaze of infinite tenderness.
As ons ten diepste snap dat God ons liefhet met ‘n vurige verlange en smag na ‘n diep verhouding met ons, kan ons begin om vir ander mense die veilige plek te wees waar my blote teenwordigheid hulle van God bewus maak.

Spaanse Geloofsbelydenis



SPAANSE GELOOFSBELYDENIS

Ons glo in God die Almagtige,
Skepper van die hemel en aarde;
Skepper van alle nasies en kerke;
Skepper van alle tale en rasse.

Ons glo in Jesus Christus, sy Seun, ons Heer,
God wat vlees geword het as ‘n mens vir die mensdom,
God wat vlees geword het in tyd vir alle tye,
God wat vlees geword het in een kultuur vir alle kulture,
God wat vlees geword het in liefde en genade vir heel die skepping.

Ons glo in die Heilige Gees
deur wie God in Jesus Christus sy teenwoordigheid bekend maak in ons mense en in ons kulture,
deur  wie God, die Skepper van alles wat bestaan, aan ons die krag gee om nuwe skepsels te word,
wie se oneindige gawes ons een liggaam maak: die Liggaam van Christus.

Ons glo in die Kerk
wat universeel is omdat dit die teken van God se heerskappy is,
wie se getrouheid in al sy skakerings getoon word,
waar al die kleure saam net een landskap teken,
en alle tonge dieselfde lof besing.

Ons glo in die Heerskappy van God – die dag van die groot Fiesta
wanneer al die kleure van die skepping ‘n harmonieuse reënboog sal vorm, wanneer alle mense sal deelneem aan ‘n vreugdevolle feesmaal,
wanneer alle tonge van die heelal dieselfde lied sal sing.

En omdat ons glo, verbind ons ons
om te glo vir hulle wat nie glo nie,
om lief te hê vir hulle wat nie liefhet nie,
om te droom vir hulle wat nie droom nie,
tot die dag wanneer hoop ‘n werklikheid word.

AMEN.

Saturday, November 8, 2014

Diep vrede



Ek sit in die hospitaal voor die deur van die teater en wag dat Jaco van sy niersteen bevry word. Ekself is vrot-siek en sit hoog op ‘n medisynetrip en roggel soos ‘n oergedierte en dink dat hulle my enige oomblik met my gehoes en proes uit die hospitaal gaan verban. 

So vra ek toe vir myself: Hoe voel mens in hierdie omstandighede die Here se teenwoordigheid, wanneer die lewe onbepland verloop en blatant hoogs uitdagend word?
Ek weet Hy is hier, net hier, by my. Maar ek voel dit nie. Waar soek ek nou na God?
 
Na ‘n hele ruk raak ek bewus van iets diep en stil en helder en lig in myself – Vrede.
Kan dit wees? Kan d
ít God wees? Meteens besef ek dat ek dikwels na God soek in eksterne bewyse en nie so maklik bewus is dat ek sy teenwoordigheid in myself kan soek nie. Maar ek dink dis die antwoord: nie daar buite nie, maar hier binne... Vanmiddag het ek nie veel van ‘n keuse nie. Ek kan net sit. En wag. Asemhaal. En diep hier binne die onmiskenbare, byna tasbare, byna nie, misterieuse Teenwoordigheid…

Uiteindelik ry ek terug huis toe. Dis half ses en die perfekte aand. Die heilige laatmiddag-uur vol sagte lig met die maan wat, byna vol, reeds in die lug hang. Ek stop voor ons huis. Ek hoor die kinders lag in die bad. Ek stap in die vriendelike gesig van ons Christina vas en op die kas staan ‘n goudgeel Gerbera in ‘n pot en ‘n sak met twee dae se kos en lekkernye van ‘n vriendin. Ek haal diep asem en voel dit weer – die Vrede… Paulus het dit lank terug al geweet: En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Fil 4:7).

In my gedagtes hoor ek die woorde en
musiek van Libera se Galliese seënbede,
Deep Peace, en haal diep asem,
want hierdie kom nie uit myself nie
en ek weet onwrikbaar:
dít is hoe God voel...

Deep peace of the running wave to you
Deep peace of the flowing air to you
Deep peace of the quiet earth to you
Deep peace of the shining stars to you
Deep peace of the gentle night to you
Moon and stars pour their healing light on you
Deep peace of Christ, the light of the world to you
Deep peace of Christ to you
(Gaan luister hierna op Youtube:
http://www.youtube.com/watch?v=nqyU7SKyklY