Wednesday, May 28, 2014

'n Drie-letter woord



Elizabeth Gilbert, die skywer van Eat, Pray, Love het eenmaal gesê: “I met an old lady once, almost a hundred years old, and she told me, 'There are only two questions that human beings have ever fought over, all through history. How much do you love me? And Who's in charge?”
Die fundamentele beginsel wat hierdie vraag onderlê is die kwessie van mag. Om een of ander rede skram ons weg van die tema van mag. Dalk omdat mag in ons konteks soveel negatiewe konnotasies het. Tog kan mens nie daarvan wegkom dat ons almal oor mag beskik nie. Natuurlik is daar die werklik magteloses in ons samelewing, die randfigure van die samelewing wat maar soos blare in ‘n stroom geneem word na waar die stroom ook al gaan. Ons wat hier lees val waarskynlik nie in hierdie kategorie nie. Ons beskik oor mag.

Ons beskik oor die mag om besluite te neem oor ons lewens (al voel ons soms vasgevang),
om te besluit of ons ‘n pad gaan soek na die lig en of ons deur die gewig van die sorge om ons oorweldig gaan word.
Ons beskik oor die mag om te besluit hoe ons ander mense gaan behandel en
oor hoe ons op moeilike omstandighede gaan reageer.
Ons beskik oor die mag om lewe vir ander moontlik of onmoontlik te maak.
Ons beskik oor die mag om potensiaal vir ander te ontsluit of in te perk.
H. Ginott skryf op ‘n stadium hierdie aangrypende woorde: I have come to the frightening conclusion: I am the decisive element in the home. It is my personal approach that creates the climate. It is my daily mood that makes the weather. As a parent I possess tremendous power to make a child's life miserable or joyous. I can be a tool of torture or an instrument of inspiration. I can humiliate or humour, hurt or heal. ln all situations, it is my response that decides whether a crisis will be escalated or de-escalated, and a child humanised or de-humanised.
Hierdie woorde is waar van ons elkeen in enige konteks.

Op die dag van Jesus se hemelvaart speel hierdie toneel in Handelinge 1 af:
6 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” 7 Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 9 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, so dat hulle Hom nie langer kon sien nie.
’n Ruk later ontvang hulle dan die Heilige Gees, en daarmee gee God aan hulle die mag om alles wat Jesus self hier op aarde kom leef het verder te leef. Die keuse lê egter by elkeen van ons of ons saam met die stroom van God se Gees deur die wêreld gaan beweeg en of ons die mag waaroor ons beskik gaan misbruik om moontlikhede van lewe toe te sluit en die lewende water in ons en ander se lewe toe te stop. Of soos  Abraham Lincoln eenmaal gesê het:“Nearly all men can stand adversity, but if you want to test a man's character, give him power.” Gaan ek en jy ons mag misbruik om lewe te onderdruk, of gaan ons ons mag gebruik om in alle omstandighede ‘n pad vir die lewe te soek? Wat gaan jy doen met die porsie mag waarmee jy leef?


Cha-cha



 


Die meeste van ons wens sekerlik dat ons voortdurend in die sewende hemel kan wees in ons verhouding met die Here en nooit weer die pad byster raak nie. Dit sou wonderlik wees, maar dit is ongelukkig nie hoe dit werk nie. Deel van God se proses met elkeen van ons is dat die dinge van die lewe en die keuses waarin ons onsself intrek ons juis so bietjie laat steier en van ons gemak en onsigbare selfvoldaanheid beroof. As ons verhouding met God maar soos ‘n stel trappe kon werk, waar ek doelgerig opklim tot ek triomfantelik my arms in die lug kan gooi op die boonste trap, maar helaas!  Daarom help die beeld van ‘n stel trappe waarskynlik nie. Die beeld van ‘n spiraal help ons baie meer, maar die beeld van ‘n dans selfs nog meer.
Die meeste van ons se ervaring is dat ons verhouding met God maar deur “drie-treë-vorentoe, twee-treë-terug” gekenmerk word. Natuurlik maak die terugwaartse treë, die agteruit beweeg mens moeg en moedeloos, maar dit konfronteer jou veral met jou broosheid en swakheid. Die terugtree gee aan jou perspektief en laat vra aan jou moeilike vrae, soos “Wat is hier aan die gebeur?”, “Waarmee is God besig in my lewe?” en “Waarmee is ek besig?” Al drie onontbeerlike vrae op ons geloofsreis! As alles net altyd vlot verloop en daar geen pyn of ongemak in my lewe aanwesig is nie, sal ek nie sommer so maklik hierdie vrae vra nie.

Die agteruit tree tye gee my daarom perspektief op my lewe en daarom moet ek dalk, in plaas daarvan om dit te sien as ‘n onvermydelike pynlike fase wat elke keer my lewe kortwiek, dit eerder sien as ‘n kosbare geskenk waarsonder groei nie moontlik is nie en wat my die dans van die lewe saam met God kom leer. Amper soos ‘n cha-cha! 



Ek vermoed die belangrikste is om aan te hou en elke treë met intensie te gee, of dit nou vorentoe of terug is, want elke treë word my pad en my pad word uiteindelik my bestemming.



Dalk kan hierdie woorde van Hebreërs 12 (uit Die Boodskap) ons so bietjie perspektief gee en die dans makliker maak: 2Laat ons maar net die wedloop hardloop (die dans dans!) deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel. 3Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie.

Thursday, May 15, 2014

Wat die oog nie sien nie



Ek weet nie van een mens wat nie op een of ander manier soek na iets van God se groter realiteit in hulle lewens nie. Party van ons soek op besonder vreemde plekke..., maar die wortel van ons soeke is ten diepste na God. Hierdie gedagte word voortdurend deur die Bybel en deur al die groot Christen skrywers ge-eggo. God soek veral ook na ons. En dis in die misterieuse landskap van gebed dat ons vir God op ‘n besondere manier ontmoet. Die groot uitdaging is om nie die ontmoeting te probeer orkestreer aan die hand van my eie verwagtings nie, maar om God en sy proses te vertrou. Om oop te raak daarvoor dat God dalk iets nuuts aan my wil wys, wat ek nog nie vantevore gesien het nie. (Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.- 1 Kor.2:9)
Na aanleiding van soveel van julle se navrae oor hierdie gedeelte van Ronald Rolheiser wat ons in die week gelees het, stuur ek dit graag en glo dat dit jou dalk op ‘n manier iets sal help om iets te  verstaan van God se wêreld en dit waartoe God ons nooi.
"PRAYER - OUR DEEPEST LONGING"
Prayer is easy only for beginners and for those who are already saints. During all the long years in between, it is difficult. Why? Because prayer has the same inner dynamics as love, and love is sweet only in its initial stage, when we first fall in love, and again in its final, mature stage. In between, love is hard work, dogged fidelity, and needs wilful commitment beyond what is normally provided by our emotions and our imagination.
Prayer works in the same way. As we grow deeper and more mature in our relationship to God, just as in a relationship to someone we love, reality begins to dispel an illusion. It's not that we become disillusioned with God, but rather that we come to realize that so many of the warm thoughts and feelings we believed were about God were really about ourselves. Disillusionment is a good thing. It's dispelling of an illusion. What we thought was prayer was partly a spell of enchantment about ourselves. When that disillusionment sets in - and this a maturing moment in our lives - it is easy to believe that we were deluded about the other, the person we had fallen in love with or, in the case of prayer, God. The easy response then is to back away, to quit, to see the whole thing as having been an illusion, a false start. In the spiritual life, that's usually when we stop praying. The opposite is called for. What we need to do then is to show up, just as we did before, minus the warm thoughts and feelings: bored, uncertain and stripped of our enchantment about ourselves. The deeper we go in relationships and in prayer, the more unsure of ourselves we become, and this is the beginning of maturity.
It's when I say, "I don't know how to love," and, "I don't know how to pray," that I first begin to understand what love and prayer actually are."
- Ronald Rolheiser

 

Van tyd tot tyd





Wat is dit met ons dat ons so moeilik erken as dit met ons swaar gaan? Dalk is dit maar net die basiese oorlewinsgdrang wat maak dat ek nie my broosheid aan jou mag erken nie, want dit laat voel my emosioneel onveilig en blootgestel. Die realiteit is dat ons ook nie eintlik naby brose, kwesbare mense wil wees nie, want ons weet selde wat om met so iemand te doen en dalk voel ons diep in ons onderbewussyn dat ons veronderstel is om so persoon te red en weet ons ons kan dit nie doen, as gevolg van ons eie onuitgesproke pyn. Tog is die realiteit dat daar nie een mens tussen ons is wat nie ons porsie swaarkry dra nie. Daar is nie een mens wat honderd present vry van pyn is nie. Wat ‘n bevrydende ding om te besef: nie een van ons is heeltemal ongeskonde nie! As ons maar die moed kon hê om veilig genoeg by mekaar te voel om eerlik te wees oor die feit dat ons almal iewers pyn ervaar. Ongelukkig is mense, ook nie ons lewensmaats, familie, vriende of medegelowiges, so gereed vir ons broosheid nie, en ons is ook nie so gereed vir hulle s’n nie.
As ons maar ons gemeenskaplike broosheid kan besef sal ons waarskynlik met baie meer deernis teenoor mekaar leef en baie meer verdraagsaam wees met mekaar en ons eie tekortkomings. In 1992 het R.E.M ‘n liedjie geskryf wat die wêreld oorrompel het met die eerlikheid en gestrooptheid daarvan. Die titel van die liedjie is “Everybody Hurts”. Kyk gerus na die aangrypende Youtube video (http://www.youtube.com/watch?v=ijZRCIrTgQc). Dit gaan daaroor dat daar nie een mens is wat nie maar soms swaarkry nie. Lees gerus die woorde (saam met die video):

"Everybody Hurts"
When your day is long
And the night, the night is yours alone
When you're sure you've had enough
Of this life, well hang on
Don't let yourself go
'Cause everybody cries
And everybody hurts sometimes
Sometimes everything is wrong
Now it's time to sing along
When your day is night alone (Hold on, hold on)
If you feel like letting go (Hold on)
If you think you've had too much
Of this life, well hang on
Everybody hurts
Take comfort in your friends
Everybody hurts
Don't throw your hand, oh no
Don't throw your hand
If you feel like you're alone
No, no, no, you are not alone
If you're on your own in this life
The days and nights are long
When you think you've had too much of this life to hang on
Well, everybody hurts sometimes
Everybody cries
Everybody hurts sometimes
And everybody hurts sometimes
So hold on, hold on
Hold on, hold on, hold on, hold on, hold on, hold on
Everybody hurts

As gelowiges het ons die groot vertroosting dat daar waar die mense in ons lewe nie kans sien vir ons pyn en swaarky nie, of voel dat ons nou al regtig moes aanbeweeg, of vra of ons dan nou nog steeds met hierdie kwessie sukkel, ons Iemand het wat nooit moeg raak vir ons trane nie. Hy knip nie ‘n oog as ons vir die soveelste keer in die kussing huil, of weer deur die angs en onsekerheid verlam word, of weer in ‘n hopie alleen sit omdat ons sukkel met dit wat die lewe na ons kant gegooi het nie.
Van Hom is dit waar: 
 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.  en
Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou my verbond met my volk, my lig vir die nasies. (Jesaja 42)
Die Bybel leer ons dat ons nie op prinse moet vertrou nie, nie van ander mense dinge moet verwag wat ons meestal self ook nie kan bied nie, maar om juis by Hom as die lydende God, die Een wat swaarkry en pyn goed ken, te kom skuil en by Hom vetroosting te vind. Om ook Sy vertroosting en deernis vir ander te gun en te wees, want soos Hy, verstaan ons maar al te goed, ons almal het pyn... van tyd tot tyd.

Thursday, May 1, 2014

Die Heiligheid van Alledaagsheid


Een van ons mense se interessante kenmerke is dat ons voortdurend besig is om te wens vir en te droom oor ‘n beter lewe. “As dit en dat gebeur, sal dit soveel beter met my gaan…” of “As ek maar net…, dan sal ek…” Vir baie van ons is hierdie diepgewortelde smagting so subtiel dat ons dit nie agterkom nie.
Tog is die tekens daarvan oral te bespeur. In die kritiek teen ons kinders of lewensmaats. In die drome en planne oor ons huis en tuin. In die ewige planne vir ‘n volgende vakansie. In die regpak van my winterklerekas.
Onmiddelik kan mens vra: Is dit ontevredenheid, of is dit die behoefte om jouself te verbeter? Mens sal seker lank hieroor kan debatteer. Daar is natuurlik niks daarmee fout om jouself te wil verbeter en beter dinge in die lewe te ervaar nie, maar mens sou ook kon vra: wat is fout met hoe dinge is? Dis juis die alledaagsheid van ons lewens wat ons dikwels onderkry en dis hierdie alledaagsheid wat die behoefte na meer ontketen en wat my laat vra of ek nie baie subtiel besig is om weerstand te bied teen hoe my lewe is, en eintlik besig is om ontevredenheid te verdoesel as ‘n behoefte aan verbetering nie?
Alledaagsheid is die reël van ons lewe en nie die uitsondering nie. Dis waaruit my en jou lewe bestaan. Elke oggend dieselfde patroon, elke dag dieselfde ritme, week in en week uit, maand in en maand uit dieselfde verantwoordelikhede, dieselfde eise. In plaas daarvan om voortdurend daarna te smag om uit my alledaagse lewe te breek, word ons dalk op ons pad met God geroep om juis die alledaagsheid van ons lewe te omarm.
Bestaan daar ‘n kans dat jy die reëlmaat van jou dae kan begin sien as ‘n heilige ritme? Is dit dalk moontlik dat jy te midde van dit wat elke dag van jou vra diep bewus kan wees van die stroom van God se Gees wat deur die detail van jou lewe vloei? Sou jy dalk kon begin om die alledaagse in jou lewe nie meer te sien as ‘n straf nie, maar die bedding waarin God se saad in jou lewe konstant, ritmies en onuitwisbaar groei?
Prediker 9 verwoord iets daarvan om bewus te leef van God terwyl die lewe om en met jou gebeur:
7
Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. 8 Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. 9 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld. 10 Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen...
Die boustene van God se pad is helaas nie die buitengewone nie, maar die alledaagse.
Nie dat die buitengewone nie ook soms kom nie – en wat ‘n vreugde is dit dan nie! (Dis presies waarvoor Sabbatstye en vakansies en rustyd daar is.)
Die gevaar is net dat my smagting en verlange na die buitengewone en my ontevredenheid met hoe dinge is, my kan beroof van ‘n kosbare geleentheid om bewustelik te leef en te groei in die Heiligheid van Alledaagsheid. So word die alledaagse mettertyd in God se hande buitengewoon…