Wednesday, May 28, 2014

'n Drie-letter woord



Elizabeth Gilbert, die skywer van Eat, Pray, Love het eenmaal gesê: “I met an old lady once, almost a hundred years old, and she told me, 'There are only two questions that human beings have ever fought over, all through history. How much do you love me? And Who's in charge?”
Die fundamentele beginsel wat hierdie vraag onderlê is die kwessie van mag. Om een of ander rede skram ons weg van die tema van mag. Dalk omdat mag in ons konteks soveel negatiewe konnotasies het. Tog kan mens nie daarvan wegkom dat ons almal oor mag beskik nie. Natuurlik is daar die werklik magteloses in ons samelewing, die randfigure van die samelewing wat maar soos blare in ‘n stroom geneem word na waar die stroom ook al gaan. Ons wat hier lees val waarskynlik nie in hierdie kategorie nie. Ons beskik oor mag.

Ons beskik oor die mag om besluite te neem oor ons lewens (al voel ons soms vasgevang),
om te besluit of ons ‘n pad gaan soek na die lig en of ons deur die gewig van die sorge om ons oorweldig gaan word.
Ons beskik oor die mag om te besluit hoe ons ander mense gaan behandel en
oor hoe ons op moeilike omstandighede gaan reageer.
Ons beskik oor die mag om lewe vir ander moontlik of onmoontlik te maak.
Ons beskik oor die mag om potensiaal vir ander te ontsluit of in te perk.
H. Ginott skryf op ‘n stadium hierdie aangrypende woorde: I have come to the frightening conclusion: I am the decisive element in the home. It is my personal approach that creates the climate. It is my daily mood that makes the weather. As a parent I possess tremendous power to make a child's life miserable or joyous. I can be a tool of torture or an instrument of inspiration. I can humiliate or humour, hurt or heal. ln all situations, it is my response that decides whether a crisis will be escalated or de-escalated, and a child humanised or de-humanised.
Hierdie woorde is waar van ons elkeen in enige konteks.

Op die dag van Jesus se hemelvaart speel hierdie toneel in Handelinge 1 af:
6 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” 7 Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 9 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, so dat hulle Hom nie langer kon sien nie.
’n Ruk later ontvang hulle dan die Heilige Gees, en daarmee gee God aan hulle die mag om alles wat Jesus self hier op aarde kom leef het verder te leef. Die keuse lê egter by elkeen van ons of ons saam met die stroom van God se Gees deur die wêreld gaan beweeg en of ons die mag waaroor ons beskik gaan misbruik om moontlikhede van lewe toe te sluit en die lewende water in ons en ander se lewe toe te stop. Of soos  Abraham Lincoln eenmaal gesê het:“Nearly all men can stand adversity, but if you want to test a man's character, give him power.” Gaan ek en jy ons mag misbruik om lewe te onderdruk, of gaan ons ons mag gebruik om in alle omstandighede ‘n pad vir die lewe te soek? Wat gaan jy doen met die porsie mag waarmee jy leef?


No comments:

Post a Comment