Thursday, May 15, 2014

Van tyd tot tyd





Wat is dit met ons dat ons so moeilik erken as dit met ons swaar gaan? Dalk is dit maar net die basiese oorlewinsgdrang wat maak dat ek nie my broosheid aan jou mag erken nie, want dit laat voel my emosioneel onveilig en blootgestel. Die realiteit is dat ons ook nie eintlik naby brose, kwesbare mense wil wees nie, want ons weet selde wat om met so iemand te doen en dalk voel ons diep in ons onderbewussyn dat ons veronderstel is om so persoon te red en weet ons ons kan dit nie doen, as gevolg van ons eie onuitgesproke pyn. Tog is die realiteit dat daar nie een mens tussen ons is wat nie ons porsie swaarkry dra nie. Daar is nie een mens wat honderd present vry van pyn is nie. Wat ‘n bevrydende ding om te besef: nie een van ons is heeltemal ongeskonde nie! As ons maar die moed kon hê om veilig genoeg by mekaar te voel om eerlik te wees oor die feit dat ons almal iewers pyn ervaar. Ongelukkig is mense, ook nie ons lewensmaats, familie, vriende of medegelowiges, so gereed vir ons broosheid nie, en ons is ook nie so gereed vir hulle s’n nie.
As ons maar ons gemeenskaplike broosheid kan besef sal ons waarskynlik met baie meer deernis teenoor mekaar leef en baie meer verdraagsaam wees met mekaar en ons eie tekortkomings. In 1992 het R.E.M ‘n liedjie geskryf wat die wêreld oorrompel het met die eerlikheid en gestrooptheid daarvan. Die titel van die liedjie is “Everybody Hurts”. Kyk gerus na die aangrypende Youtube video (http://www.youtube.com/watch?v=ijZRCIrTgQc). Dit gaan daaroor dat daar nie een mens is wat nie maar soms swaarkry nie. Lees gerus die woorde (saam met die video):

"Everybody Hurts"
When your day is long
And the night, the night is yours alone
When you're sure you've had enough
Of this life, well hang on
Don't let yourself go
'Cause everybody cries
And everybody hurts sometimes
Sometimes everything is wrong
Now it's time to sing along
When your day is night alone (Hold on, hold on)
If you feel like letting go (Hold on)
If you think you've had too much
Of this life, well hang on
Everybody hurts
Take comfort in your friends
Everybody hurts
Don't throw your hand, oh no
Don't throw your hand
If you feel like you're alone
No, no, no, you are not alone
If you're on your own in this life
The days and nights are long
When you think you've had too much of this life to hang on
Well, everybody hurts sometimes
Everybody cries
Everybody hurts sometimes
And everybody hurts sometimes
So hold on, hold on
Hold on, hold on, hold on, hold on, hold on, hold on
Everybody hurts

As gelowiges het ons die groot vertroosting dat daar waar die mense in ons lewe nie kans sien vir ons pyn en swaarky nie, of voel dat ons nou al regtig moes aanbeweeg, of vra of ons dan nou nog steeds met hierdie kwessie sukkel, ons Iemand het wat nooit moeg raak vir ons trane nie. Hy knip nie ‘n oog as ons vir die soveelste keer in die kussing huil, of weer deur die angs en onsekerheid verlam word, of weer in ‘n hopie alleen sit omdat ons sukkel met dit wat die lewe na ons kant gegooi het nie.
Van Hom is dit waar: 
 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.  en
Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou my verbond met my volk, my lig vir die nasies. (Jesaja 42)
Die Bybel leer ons dat ons nie op prinse moet vertrou nie, nie van ander mense dinge moet verwag wat ons meestal self ook nie kan bied nie, maar om juis by Hom as die lydende God, die Een wat swaarkry en pyn goed ken, te kom skuil en by Hom vetroosting te vind. Om ook Sy vertroosting en deernis vir ander te gun en te wees, want soos Hy, verstaan ons maar al te goed, ons almal het pyn... van tyd tot tyd.

No comments:

Post a Comment