Die meeste van ons wens
sekerlik dat ons voortdurend in die sewende hemel kan wees in ons verhouding
met die Here en nooit weer die pad byster raak nie. Dit sou wonderlik wees,
maar dit is ongelukkig nie hoe dit werk nie. Deel van God se proses met elkeen
van ons is dat die dinge van die lewe en die keuses waarin ons onsself intrek
ons juis so bietjie laat steier en van ons gemak en onsigbare selfvoldaanheid
beroof. As ons verhouding met God maar soos ‘n stel trappe kon werk, waar ek
doelgerig opklim tot ek triomfantelik my arms in die lug kan gooi op die
boonste trap, maar helaas! Daarom help
die beeld van ‘n stel trappe waarskynlik nie. Die beeld van ‘n spiraal help ons
baie meer, maar die beeld van ‘n dans selfs nog meer.
Die meeste van ons se ervaring is dat ons verhouding met God maar deur “drie-treë-vorentoe, twee-treë-terug” gekenmerk word. Natuurlik maak die terugwaartse treë, die agteruit beweeg mens moeg en moedeloos, maar dit konfronteer jou veral met jou broosheid en swakheid. Die terugtree gee aan jou perspektief en laat vra aan jou moeilike vrae, soos “Wat is hier aan die gebeur?”, “Waarmee is God besig in my lewe?” en “Waarmee is ek besig?” Al drie onontbeerlike vrae op ons geloofsreis! As alles net altyd vlot verloop en daar geen pyn of ongemak in my lewe aanwesig is nie, sal ek nie sommer so maklik hierdie vrae vra nie.

Die agteruit tree tye
gee my daarom perspektief op my lewe en daarom moet ek dalk, in plaas daarvan om dit te sien as ‘n onvermydelike pynlike fase wat elke keer my lewe kortwiek, dit eerder sien as ‘n kosbare geskenk waarsonder groei nie moontlik is nie en wat my die dans van die lewe saam met God kom leer. Amper soos
‘n cha-cha!
Ek vermoed die belangrikste is om aan te hou en elke treë met intensie te gee, of dit nou vorentoe of terug is, want elke treë word my pad en my pad word uiteindelik my bestemming.
Dalk kan hierdie woorde van Hebreërs 12 (uit Die Boodskap) ons so bietjie perspektief gee en die
dans makliker maak: 2Laat ons maar net
die wedloop hardloop (die dans dans!) deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op
God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof
sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en
vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra
omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net,
nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel. 3Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja,
aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy
voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie.
No comments:
Post a Comment