So met die reën wat
nou al vir amper twee weke aanhou en aanhou het ek gedink dat dit dikwels is
hoe dit in ons lewe ook gaan. Die storm hou net aan en woed net voort en dit
voel of dit nooit gaan ophou nie. Ons natuurlike reaksie is om so vinnig as
moontlik uit die storm weg te kom, maar enige poging is gewoonlik futiel. Dis
moeilik om te verstaan dat God ons ontmoet net waar ons is, en dat die storm
nie noodwendig verby hoef te wees voor ek weer iets van God se vrede kan ervaar
nie.
Die verhaal van Jesus wat die storm stil maak in Matteus 8 laat wens mens dikwels dat Jesus ook maar net so maklik die storm in my en jou lewe wil stil maak. Ongelukkig werk dit nie altyd so nie. Wat wel gebeur is dat Jesus te midde van die storm die nie-angstige teenwoordigheid in my boot wil wees. In krisistye neem die krisis dikwels soveel van ons eksterne en interne energie op, dat ons onsself uitgemergel deur elke dag sleep. Die uitdaging is juis om in die oog van die storm teenoor Jesus in die boot te gaan sit en toe te laat dat sy nie-angstige teenwoordigheid die storm van my hart vir ‘n wyle laat bedaar sodat ek, al is dit net vir ‘n wyle, ook ‘n nie-angstige teenwoordigheid midde-in die storm kan wees.
Dalk is die geheim juis om te midde van ‘n storm so gereeld moontlik die plek van stilte in die middel van die storm op te soek en daar vir Jesus te ontmoet. Om selfs toe te laat dat ek te midde van die storm gevorm word, al voel dit hoe pynlik of onwaarskynlik. May Sarton stel dit mooi: ...the storm, painful as it is, might have had some truth in it.
Soms is al wat ons werklik in ‘n storm kan doen om soos die voëltjie in die storm my kop te buig, te vertrou en te wag…, want iewers sal die son weer skyn…

No comments:
Post a Comment