Saturday, October 4, 2014

Die ongedierte - Sheila Cussons



Ek sién jou: my oog is al lank op jou
van ek jou, Goddank, die eerste keer sien roer het,
verskriklike, potige ongedierte,
skurf soos die seerots skurf.
Ek ken jou naam oplaas, die moeilikste
om te raai want oorbekend
tot byna dofheid, geringheid toe,
tót jy geroer het in al jou gruwelike lyflengte:
o wélbedeeld, en so tuis, oervas, dat jy
volkome versmelt met die wande, íngewande
van my duister, onbewuste, ondersese self.
Maar my oog is op jou en my oog sal op jou bly
tot jy verskrompel, Selfsúg.

No comments:

Post a Comment