Friday, October 9, 2015

Jesus se Geslagsregister - 'n verhaal vol paradoks en lewe



Matteus 1: 1-17 Geslagsregister van Jesus

In die 1800’s was daar ‘n man met die naam John Godfrey Saxe wat hierdie gedig geskryf het met die titel:


The Blind Men and the Elephant
John Godfrey Saxe (1816-1887)
It was six men of Indostan
To learning much inclined,
Who went to see the Elephant
(Though all of them were blind),
That each by observation
Might satisfy his mind.

The First approach'd the Elephant,
And happening to fall
Against his broad and sturdy side,
At once began to bawl:
“Heaven bless me! but the Elephant
Is very like a wall!"

The Second, feeling of the tusk,
Cried, -"Ho! what have we here
So very round and smooth and sharp?
To me 'tis mighty clear
This wonder of an Elephant
Is very like a spear!"

The Third approached the animal,
And happening to take
The squirming trunk within his hands,
Thus boldly up and spake:
"I see," quoth he, "the Elephant
Is very like a snake!"

The Fourth reached out his eager hand,
And felt about the knee.
"What most this wondrous beast is like
Is mighty plain," quoth he,
"'Tis clear enough the Elephant
Is very like a tree!"

The Fifth, who chanced to touch the ear,
Said: "E'en the blindest man
Can tell what this resembles most;
Deny the fact who can,
This marvel of an Elephant
Is very like a fan!"

The Sixth no sooner had begun
About the beast to grope,
Then, seizing on the swinging tail
That fell within his scope,
"I see," quoth he, "the Elephant
Is very like a rope!"

And so these men of Indostan
Disputed loud and long,
Each in his own opinion
Exceeding stiff and strong,
Though each was partly in the right,
And all were in the wrong!



Hierdie gedig sal nooit sy trefkrag verloor nie, want dit beskryf ‘n baie basiese fenomeen: die feit dat ons as mense so maklik kan dink dat ons presies weet wat die antwoord is. Dat ons so maklik kan dink ons sien dinge soos dit regtig is.
In die week wat kom is die sitting van die Algemene Sinode waar daar gepraat gaan word oor komplekse sake wat ons as gelowiges raak.
Daar gaan ook tydens die oggendwydings gekyk word na die verhaal van Rut en hoe hierdie verhaal ons begelei in die tyd waarin ons ons tans bevind.
Dis teen hierdie agtergrond dat ons Matteus se geslagsregister lees, aangesien Rut nie net ‘n belangrike rol in die geslagsregister speel nie, maar haar verhaal wil ons as gelowiges in 2015 in Suid-Afrika op ‘n spesifieke manier begelei.

Matteus 1
‘n Mens lees nie sommer geslagsregisters nie. Al bevat dit waardevolle inligting is dit nie eintlik baie interessant nie. Gelukkig weet ons hierdie geslagsregister is ‘n hele verhaal insigself.

Waarom skryf Matteus sy Evangelie en aan wie?
·        Die Brief word geskryf om die gemeente vir wie Matteus skryf se identiteit te help vorm.
·        Die geslagsregister begin dan hierdie soeke na identiteit met die vraag na wie Jesus is.
·        Daarom word die geslagsregister nie net Jesus se geslagsregister nie, maar ook die gemeente s’n en uiteindelik die groter kerk s’n.

Iets meer oor Matteus se Gemeente
·        Die gemeente aan wie Matteus skryf is waarskynlik geleë in Antiochië. Dit is dus ‘n stadsgemeente.
·        Die gemeente is, sover ons weet, nie gestig deur Matteus nie, maar deur Christene wat daar beland het ná die vernietiging van die tempelgodsdiens rondom 70 nC. Hierdie gebeure het die volgelinge van Jesus forseer om hul identiteit los te maak van die tempel en nuut te begin dink oor wie God hulle roep om te wees.
·        Hierdie era was ‘n onstabiele tyd in die vroeë kerk se verhaal. Skielik word Jesus se volgelinge gekonfronteer daarmee dat hulle nie, soos die Joodse tradisie waaruit hulle kom, by voorkeur net na hul eie groep kan omsien nie, maar dat die Evangelie hulle tot ‘n groter werklikheid roep.

·        Navorsing toon dat die lewensomstandighede in die Antiocheense gemeenskap allesbehalwe rooskleurig was. Dit was baie onhigiënies en het aanleiding gegee tot ‘n vlaag van peste en plae.
·        In hierdie tyd het Jesus se volgelinge nie weggeskram van die siekes nie. Hulle het nie soos die Romeine en Grieke voor die plaag uit die stad weg te vlug en die siekes aan hulle eie genade oor te laat nie.
·        Hulle het die siekes verpleeg en sterk immuniteit opgebou sodat hulle mense daadwerklik kon help. Heel spontaan het mense wat gesond geword het deel van die Christengemeenskap geword.
·        Hulle het agtergebly saam met die siekes en selfs saam met die sterwendes en dooies. Hulle het nie net omgesien  na hulle eie mense nie, maar het gekies om niemand te los nie, omdat hulle geglo het dat Jesus vir almal gekom het.
·        Stel jou voor in watter mate hierdie tipe omstandighede ‘n groep mense sal laat nadink oor wie hulle is.

Die Geslagsregister
·        Deur die skryf van die Matteus Evangelie wys Matteus vir hulle ‘n prototipe van hoe die volgelinge van Jesus in enige omstandighede behoort op te tree.
·        Deur die geslagsregister wys hy vir die gelowiges dat Jesus deur Josef aangeneem word, maar meer nog, dat Jesus Josef en sy hele voorgeslag aanneem. Dis dus duidelik dat Jesus deel word van ‘n familie wat met groot agterdog bejeën kan word en wat nie die suiwerste en mees rasegte voorbeeld van ‘n vooraanstaande Joodse familie is nie.

·        In die eerste 17 verse onmoet ons 46 mense wat oor honderde jare geleef het.
Daar is:
·        Groot geloofshelde soos Abraham, Isak en Dawid,
·        Gewone mense soos Gesron, Nagson en Agim
·        Eiegeregtige mense soos Manasse en Abia
·        En dan is daar natuurlik die 5 vroue met hul twyfelagtige reputasie
- Ragab was nie ‘n Israeliet nie , en ook ‘n prostituut, en tog gee sy uitkoms aan God se mense.
- Tamar is deur haar man se familie verontreining, en tog bring God haar saak in die reine.
-        Batseba word deur Dawid verlei en haar man word deur hom vermoor. Sy baar sy buite-egtelike kind, en tog word sy die groot-ouma van Jesus se verhaal.
-       
Rut, die Moabiet, wat nie mag deel wees van God se volk nie, maar uiteindelik die lewe skenk aan Dawid se Oupa.
-       
En dan Maria self – die jong meisie wat volgens die persepsie van die gemeenskap buite-egtelik swanger word en die skande daarvan met haar saamdra.
-       
Ons weet natuurlik dat die blote feit dat vroue genoem word merkwaardig is.

Die geslagsregister word dan ook op ‘n spesifieke manier uiteengesit:
·        14 geslagte van Abraham tot by Dawid
·        14 geslagte tot by die Ballingskap
·        14 geslagte tot by Jesus
·        Die simboliek van die getalle is belangriker as die historiese opeenvolging,
want die getal 14  dui op 7 x 2, die volmaaktheid van God se handelinge.
·        Matteus skryf dit doelbewus so om aan te toon hoe God se hand, wat deel is van die gebroke geskiedenis, ook deel is van sy plan met Jesus en dit wat Jesus vir die wêreld bring.

·        Daar is baie verhale van gebrokenheid in hierdie geslagsregister verweef.
·        God se werk in die geskiedenis word  genadiglik nie beperk deur mense se mislukkings en verkeerde keuses nie.
·        Matteus wys daar was nooit ‘n tyd wat God nie by sy mense was nie, selfs al het sy mense anders gelyk en opgetree as die verwagte stereotipe.
·        Matteus kom wys dat ons as volgelinge van Jesus geslagsgrense, nasiegrense, sosiale grense en nog verskeie ander grense moet kan transendeer en met hierdie spanning in ons midde moet kan saamleef.

Wit of swart
·        Matteus se verhaal is duidelik vol paradoks.

·        Alhoewel die gemeente oorspronlik uit die Joodse tradisie kom word hulle geforseer om in die wêreld in te beweeg. Hulle sou dalk eintlik net wou seker maak dat húlle groep oorleef, maar besef gou dat die Evangelie daar is vir alle mense.

·        So sien ons later verdere paradoks in Matteus, naamlik dat die Koninkryk van God reeds hier is, maar dat dit eers kom daar waar ons as gelowiges dit moontlik maak.

·        Ons sien ook oral in Matteus hoe Jesus een persoon genees, maar nie noodwendig die volgende persoon nie. Jesus doen die wonder, maar Hy doen nie vir elkeen wat Hy teëkom ‘n wonder nie. Dit beteken nie dat God se Koninkryk teenwoordig is daar waar die wonder gebeur, en daar waar die wonder nie gebeur nie, is God se Koninkryk afwesig nie.God se Koninkryk is oral teenwoordig, ook te midde van die feit dat die wonder nie vir daardie persoon gebeur nie.

·        Daniel Louw het al ’n klomp jare gelede na hierdie teenstellende aard van ons as gelowiges se wese verwys met die term “bipolêre spanning”. Ons praat vandag van paradoks.
·        Daarteenoor staan dualisme of dualistiese denke, wat as die verdeling van die realiteit in twee teenoorgestelde standpunte beskryf kon word.
·        Dis hierdie manier van dink wat maak dat ek heeltyd óf aan hierdie kant, óf aan daardie kant moet staan.
·        Daar is baie van ons in die kerk wat sukkel om die paradoks te omhels en om te leer om eerder vanuit die paradoks met die werklikheid om te gaan.
·        In ons tyd word ons dikwels gekonfronteer met ons dualistiese manier van dink, waar alles ingedeel word in groepe of kategorieë of faksies van reg en verkeerd, in-uit, wit-swart denke.

·        Ek wonder of daar dalk ’n kans is dat ons reg-verkeerd of wit-swart of in-uit manier van dink, nie eerder aan die kant van ’n onvolwasse Christenspiritualiteit staan nie en dat dit beslis nie die denkrigting van die Evangelie van Christus onderskryf nie? Dit wil inderdaad so voorkom.
·        Vandag is dit ongelukkig so dat baie gelowiges baie meer dualisties is as Jesus, of as Matteus of Paulus en Johannes.
·        ’n Dualistiese manier van dink sê dat Rut ’n Moabiet is en daarom nie welkom is nie, terwyl God se manier van dink haar nie net verwelkom nie, maar van haar Jesus se oumagrootjie maak.

Alreeds en nog nie
Matteus kom leer ons dat God waarskynlik nie werk met dualisme nie, maar veel eerder met  paradoks:
- met teenstellende dinge wat eintlik nie logies sin maak nie
- met die groot beginsel dat ons in Jesus alreeds die ewige lewe het, maar nog nie die ewigheid betree het nie
- dat die Koninkryk van God alreeds aangebreek het, maar dat dit eers aanbreek daar waar ons as gelowiges dit deur ons lewe laat aanbreek
- dat ons in Jesus alreeds heel mense is, maar nie in alles aspekte van ons lewe nie en
- dat ons in Jesus alreeds met God verenig is, maar nog nie volledig vanuit daardie eenheid lewe nie.
Dis interessant dat, as ek vir mense vra hoe hulle werklik hieroor voel, dit tog sin maak, maar dit maak die meeste van ons geweldig ongemaklik, want ons mense soek sekerheid en nie hierdie onsekere, paradoksale logika wat volgens ons manier van dink eintlik geen logika is nie.

Die wysheid van Matteus
·        In die komende week gaan daar uitdagende sake op die Algemene Sinode se tafel kom.

·        Die meeste van ons wil waarskynlik eerder outomaties ‘n dualistiese manier van dink kies wanneer ons uitgedaag word.
Ons sien dikwels nie hoe ons vasgevang is in ons wit-swart, reg-verkeerd, my-interpretasie-van-die-waarheid denkpatroon nie.
Dualisme, waar daar net een manier van dink is, voel vir ons soos die enigste uitweg, maar ons besef nie dat dit die maklike uitweg is en dat ons armoede in die kerk dalk juis in ons dualisme lê nie.
·        Soos by Jesus en Matteus sê die paradoks nie dat “anything goes” nie of dat alle paaie na Rome lei nie, maar dat die werklikheid baie meer kompleks is as wat ons kan verstaan.
·        Daar is byvoorbeeld heelwat sake, soos godsdienstigheid, geld en goed, waaroor Jesus sterk standpunt inneem en ‘n redelike strakke dualistiese keuse vra, wat ons dikwels ignoreer.

·        Die persoon wat dit vir my die heel beste opsom is Richard Rohr (in Eager to Love 2014:95):
 Jesus does indeed force us toward clear dualistic choices with stories like the camel and the eye of the needle, Lazarus and the rich man, the sheep and the goats, and lines like “You cannot serve both God and money”. It often seems that where Jesus is truly dualistic, we refuse to be, and where Jesus was very unclear or never spoke, we have arrived at absolutely certain conclusions! Check it out for yourself. Organized religion has paid much more attention to some things that Jesus never once mentioned and rather totally ignores other things that he stated with utter clarity, like “Go sell what you have and give it to the poor”.

·        Hieroor kan ons natuurlik vir dae aaneen redeneneer as ons sou wou, maar dit ís ironies, nie waar nie?
Dis ‘n baie moeiliker pad om tussen die spanning van twee werklikhede te gaan staan en te besef dat God se realiteit waarskynlik groter is as ons manier van dink.

·        Mag Matteus se riglyn ook vir ons, soos vir daardie eerste Christene, duidelik wys dat ons as gelowiges nie met ‘n of-of benadering teenoor mekaar kan leef nie, maar dat ons dapper keuses sal moet maak en mekaar meermale sal moet vind in die spanning en paradoks van ‘n en-en wêreld, in die spanning en paradoks van die kruis wat die horisontale en vertikale werklikheid integreer, en ons ook inspireer om dit te doen.

·        En mag ons veral ontdek dat ons ook nie soos die ses mans van Indostan die enigste perspektief op die waarheid het nie en genooi word om oper en meer ontvanklik te wees as wat vir ons gemaklik is.

And so these men of Indostan
Disputed loud and long,
Each in his own opinion
Exceeding stiff and strong,
Though each was partly in the right,
And all were in the wrong.

·        
God se hand in die detail van Jesus se geslagsregister het die gelowiges van die eerste dag af verbaas.
Mag hierdie sinode dieselfde verbasende effek op Suid-Afrika hê.

No comments:

Post a Comment