Gister was een van
daardie dae wat jy die oggend jou oë oopmaak en weet ek kan nie meer nie. ‘n
Dag waarop jou lyf in groot hoofletters skree STOP! Een van die dilemmas van
ons tyd is dat ons al meer en meer verleer om na die fluisterende intuïteiwe
stem van my lyf te luister. Ek verwonder my altyd oor die dispariteit in ons
verstaan van die liggaam en die siel. So asof die liggaam op ‘n ander planeet woon
as die siel. Deel van ons spiritualiteit is tog dat God aan ons liggame gegee
het waarmee ons vir ‘n paar dekades die aarde kan bewandel. As hierdie lyf dan
sê, ek is moeg of ek voel siek of ek het nou te veel gehad, lê daar tog iets
daarin om na haar te luister.
Hiermee sê ek nou nie dat ons na die ander kant van die pendulum moet swaai en die stem van my lyf gebruik as die verskoning om so min as moontlik te doen nie, want dis natuurlik die volgende gevaar. Juis daarom is rustye, Sabbatstye, vakansietye, so onontbeerlik. Dis in sulke tye, wat ek doelbewus en vooraf moet kies, dat ek my met groot vrymoeidgheid aan die intuïtiewe stem van my lyf oorgee en STOP. Nie omdat daar niks meer oor is om te doen nie, maar doodgewoon omdat dit tyd is om te stop.
Die lysie op die tafel kan regtig wag vir more. Die leë yskas kan maar nog ‘n dag leeg bly. Daai dringende taak is dalk regtig nie so dringend soos ek glo nie. So het my dag gister daaruit bestaan om nadat almal gevoer en afgelaai is, ‘n fliek te kyk (Pope Joan – wat my diep geraak het), vyf rye te hekel met Anna se nuwe wol, te luister na Obama op TV, te lê en staar na die kers op my bedkassie, ‘n sjokoladesous te bou en salig en rustig saam met Francois en Liezl te kuier terwyl ons diep dinge en nonsens praat.
Ons almal sukkel natuurlik nie met dieselfde goed nie, maar ek sukkel maar om na my lyf te luister. Hierdie tyd van die jaar gee ek my oor aan al die nie-rasionele realiteite van my lewe en ek luister fyn. So, in die stilte en die fisiese vrede, word altyd nuwe dinge gebore.

No comments:
Post a Comment