Wednesday, February 19, 2014

Gee oor...



As ek vir jou sou vra of jy God vertrou, sal jy dalk redelik maklik sê ja. Die vraag is egter of ek God regtig vertrou? Sover dit vertroue van God aanbetref is ons baie keer belydende gelowiges, maar praktiserende ateïste(!) In wese sukkel ons maar om God te vertrou. Ons wil maar altyd self weer die leisels neem. Self weer bepaal wat die rigting van my lewe gaan wees. En tog is daar dikwels situasies waar niks wat ek doen of bring enigiets aan die werklikheid waarbinne ek my bevind kan verander nie. As ek natuurlik iets aan ‘n situasie kán doen, moet ek dit doen, maar iewers in elke situasies kom daar ‘n punt waar ek nie meer iets kan doen nie, en dan kan ek werklik niks anders doen as om myself of die persoon of situasie aan God se genade oor te gee nie.
Dit laat my dink aan die Serenity Prayer van Reinhold Niebuhr:
God grant me the serenity
to accept the things I cannot change;
courage to change the things I can;
and wisdom to know the difference.
Living one day at a time;
Enjoying one moment at a time;
Accepting hardships as the pathway to peace;
Taking, as He did, this sinful world
as it is, not as I would have it;
Trusting that He will make all things right
if I surrender to His Will;
That I may be reasonably happy in this life
and supremely happy with Him
Forever in the next.
Amen.
 
Ons weet dat alles ook nie atlyd uitwerk soos ons hoop of wil nie. Ek kan al my dae verwyl deur opstandig teen die werklikheid te skop, of ek kan oorgee. Willem Nicol haal in sy boek Gebed van die Hart (2002:115) vir Flip Theron aan: “Die drenkenling spartel in die water en die lewensredder kom tot by hom. As die drenkeling nie gaan ophou om enigiets te probeer nie, is hy ‘n gevaar vir hulle albei, want hy gaan so aan die lewensredder vasklou dat die nie kan swem nie. Hy moet oorgee en niks verder doen nie – dan kan hy gered word. As hy nie wil nie, moet die lewensredder hom uitslaan.”
Die beeld help mens tot op ‘n punt. God gaan ons nie sommer uitslaan nie. Hy sal ons eerder los sodat ons self agterkom hoe moeg ons gespartel is. Geloof behels onder andere om af te leer om so aanhoudend te spartel en vinniger, makliker, oor te gee. Albert Haase se woorde sluit mooi hierby aan: Those who have come home simply surrender to the mystery of the Presence. Like floating in water, they simply give themselves over to the here and now and float in the stream called daily life. Though this appears to be some form of a weak, passive resignation, it is in fact, an active choice for trust.”
Dit is nie altyd eenvoudig nie, maar wat sê jy? Is dit dalk (weer) tyd om oor te gee?


No comments:

Post a Comment