Baie van ons ken
die gedig van Robert Frost
Two roads diverged in a wood,
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth.
I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I-
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.
Die eerste pad is die pad van om so goed as moontlik na buite te vertoon, van ‘n soeke na en idealisering van mensgemaakte sukses, welvaart en uiterlike weelde. Hierdie pad gaan ongelukkig dikwels gepaard met ‘n innerlike woestyn.
Die tweede pad
is die pad waar ek besef dat daar meer aan die lewe behoort te wees, en dit
probeer bevredig deur uiterlike godsdientige beoefening. Dit bring tydelike
innerlike verligting, maar mettertyd eervaar ek weer die gevoel van dors en
droogte.
Die derde pad is
die dieper pad van na binne keer, toelaat dat God se Gees my “warts and all”
voor die spieël laat staan en werklik begin toelaat dat God my laat bewus word,
vernuwe, herskep, transformeer en laat groei. Waar ek nie meer weerstand bied
teen dit waarmee God in my lewe wil besig wees nie. Ek word ‘n lewende geskenk
van God se liefde in die wêreld.
Op
watter pad is jy?
No comments:
Post a Comment