So met die seisoensverandering oral
om ons raak mens weer diep bewus van die sikliese aard van die lewe. Mens kom
agter dat dit vroeër donker word en later lig, jy voel die knyp in die lug
vroegoggend en oral begin die blare verkleur. In Pretoria is mens nie altyd so
bewus van die wisseling van die seisoene soos in ander streke van ons land of
selfs die wêreld nie. Dit laat my in elk geval altyd dink aan die seisoene van
ons mense se lewe. Ek vra ook altyd half onwillekeurig in watter seisoen bevind
ek my in my verhouding met God?
Vir sommige van ons is dit tans
winter. ‘n Tyd van gestrooptheid, van kwesbaarheid en broosheid waar ek nie
anders kan nie as om na binne te keer en geduldig te wag tot ‘n nuwe dag
aanbreek. ‘n Seisoen waar die wind soms trietsig om die hoeke waai en waar ek
vertroosting vind op stiller plekke as voorheen.
Sommige van ons beleef ‘n lenteseisoen, waar daar nuwe lewe deur die takke stoot en ons bewus raak van iets nuuts waarmee God in my lewe wil besig wees. ‘n Tyd wat belofte inhou en wat my vul met ‘n ongekende afwagting. ‘n Seisoen van nuwe bewustelikheid waar alles vars en helder lyk.
Ander beleef somer in my verhouding met God waar die beloftes besig is om wasdom te bereik en baie om my kan vreugde put uit die plek waar ek myself bevind. Die potensiaal voel eindeloos en die lang dae en baie lig roep my om die meeste te maak van elke geleentheid.
Vir party van ons is dit inderdaad herfs. ‘n Soel tyd waar die dae nog warm en sag is. ‘n Tyd waar daar oorvloedige vrug is na die pas afgelope somer. ‘n Uitsonderlike seisoen wat tegelyk die tekens dra van dit wat voorafgegaan het, asook van dit wat oppad is. ‘n Tyd van rypheid, tevredenheid, oorgawe en vertroue, maar ook ‘n tyd waar ek ontslae raak van die blare wat in die vorige seisoen hulle doel gedien het.

In watter seisoen jy jou ook al
bevind, van een ding kan ons seker wees: net soos ek geen beheer het oor die
seisoene van die natuur nie, so het ek ook nie juis beheer oor die seisoen wat
God se Gees in my lewe laat aanbreek nie. Ek kan wel weet dat die woorde van
Psalm 31:16 waar is wat sê: My tye is in
U hand… En juis daarom wil hierdie tyd van die jaar my uitnooi tot die
oorgawe en vertroue in God se proses in my lewe sodat ek kan weet dat God self
in my aan die werk is en dat dat hy dit waarmee Hy in my begin het sal volvoer. (Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan
oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en
dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.) Mag jy hierdie Herfs,
soos die die blare om jou verkleur en afval, diep bewus wees van die misterie
van God se proses in jou lewe.
No comments:
Post a Comment