Friday, January 23, 2015

In die klein gemeentes - TT Cloete



In die klein gemeentes hou ons liefde boek
van die foute van die ledemate,
van ons broers en susters, ons ondersoek
ry op ry, ry af, na links, na regs mekaar se kwaad...
ons hou rekening van en ons reken af met
mekaar in die klein gemeentes voor die diens,
met ons ledemate se foute voor Gods wet,
gesiens en ongesiens...
ons kam mekaar uit
soos primate met die skerp nael mekaar
uitkam tot diep in die huid,
tot in die wortel van die haar...
van gehoresegge en ongehoord
en vermoed, voor en tydens en na die diens;
soort vermy en veroordeel soort
gesiens en ongesiens.
Maar God, God is anders as ons. Hý
is vol genoegdoening as die sondiges iets weer reg kry...
God geniet dit as die alkoholis
gerehabiliteer is.
God vergeet. God
vergeet tot uitgediende hoerery, diefstal, tot
uitgediende moord, tot die onthouers
so goed as en saam met die verbrouers.
Maar óns, ons geheue is sterk
wat oortredings betref, ons is sensitief vir boos
en heilig, ons hou die sonde lewend binne-in die kerk,
tot die vierde geslag. En God? Gods liefde is geheueloos.


No comments:

Post a Comment