Saturday, January 31, 2015

Soekers na die Waarheid




Ons weet al te goed dat die vraag na die waarheid kompleks is. Wat vir jou waar is, is vir my ‘n leuen. Van die grootste gevegte onder gelowiges gaan oor die vraag na die waarheid. Ons sal vir maande hieroor kan debatteer en nooit by ‘n finale antwoord kan uitkom nie. Dit maak baie van ons geweldig ongemaklik.

Tog is ‘n uitdagender vraag nie of ons bereid is om te gaan soek na objektiewe waarheid waarmee ons ander kan bydam nie, maar of ons bereid is om te soek na die waarheid oor onsself. 

Dit wil nogal lyk asof die meeste mense nie so gretig is om die waarheid oor hulself te ontdek nie, want die waarheid oor wie ek en jy is, is baie meer omvangryk as wat ons ooit sou kon dink. Vir sommige van ons lê die ontdekking van die waarheid daarin dat ons agterkom ons is nie heeltemal so oulik soos ons gedink het ons is nie. Vir ander is dit om te besef dat ek glad nie so aaklig is soos ek geglo het nie. Die meeste van ons sit vas in stereotipiese persepsies oor onself wat ons verstaan van wie ons is verskraal. 

As ek al meer kan oop word vir hoe God my sien en die volheid van wie God my gemaak het sal ek ontdek dat my idees oor myself die stukkie voor die verhoog se gordyn is, maar dat daar agter die gordyn ‘n hele wêreld wag om ontgin te word – mits ek bereid is om die volle waarheid, goed, sleg en alles tussenin, oor myself te soek. 


Die Enneagram Institute skryf so oor die ontdekking van die waarheid aangaande myself: If we are interested in personal growth, no element is more important than developing a love of truth. Seeking the truth means being curious about what is going on in ourselves and around us, not settling for the automatic answers our personality feeds us. If we observe ourselves, we will see that many of the stock explanations that we give ourselves for our behavior or for the actions of others are a form of resistance.
One central aspect of a mature love of ourselves is caring about our growth sufficiently not to flee from the discomfort or pain of our actual condition. We must love ourselves enough not to abandon ourselves—and we abandon ourselves to the degree that we are not fully present to our own lives.

Hierdie is gewigtige woorde, maar ek nooi jou om Jesus se eie uitnodiging in Johannes 8:32 in die volste sin daarvan te aanvaar:
en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak. Dalk ontdek jy dat die waarheid oor jouself jou in so mate vry maak dat jy die vraag na ander dieper waarhede met groter insig kan soek. 

(Die volledige artikel van die Enneagram Institute, Seven Tools for Personal Growth, is beskikbaar op die Viam Dei Facebook groep onder Files.)

No comments:

Post a Comment