Saturday, July 26, 2014

Die Taal van Kleur




Daar is baie tale op aarde wat nie woorde het nie: wiskunde, musiek, emosies, kuns.

En dan is daar kleur.
Kleur is waarskynlik een van God se grootste wonders.
Die eerste maal as jy met moeite probeer om name op ‘n kleurwiel te leer kan nie vergelyk met die dag waneer jy die naam van die kleur hoor en dit nie net voor jou sien nie, maar voel hoe dit soos ‘n klein vuurwerk in jou hart ontplof.
As jy na die wolke kyk en nie net blou en wit en grys sien nie, maar ‘n hele reĆ«nboog van subtiele skakerings.
As jy ‘n rooi blom verf en sewe kleure moet gebruik.
As jy besef swart is nie net swart nie, maar afhangende van die palet word seker bloue en rooie, of sekere groene en rooie die diepste, rykste fluweelswart denkbaar.

Cadmium Red Hue, Cadmium Red Deep Hue, Alizarin Crimson, Naples yellow,
Lemon yellow, Indian yellow, Pthalo, Cerulean, Indigo, Burnt Siena, Van Dyke,
Viridian, Sap green, Cobalt Violet, Titanium White.
 
Met tyd word die name musiek, prente en emosies.

No comments:

Post a Comment