Saturday, August 9, 2014

Vlammesee

U ontvlam in my
soos 'n veldbrand 'n Vrystaatvlakte
in 'n vlammesee hul,
lek die asem uit die lug,
skroei die wortels uit die grond.
Ek wil hardloop maar kan nie,
staan vasgevang, vasgenael, starend,
magies verwonderend -
wag vir U vuur om my te verswelg,
in my te ontbrand.


No comments:

Post a Comment